‘n Rooivleis-waardekettingfokus was ‘n baie belangrike komponent van ALFA 2017 en het verskeie opwindende kompetisies ingesluit. Deel hiervan was die beoordeling van slagvee. Die doel van die fokus was om mense te leer hoe om te bepaal of ’n dier reg is om geslag te word, deur die beste waarde in terme van die klassifikasie van die karkas te verkry. Die interrasbeoordeling asook die Leriba People’s Choice Beef Challenge en Wagyu- en Wynparing was ook deel van hierdie fokus.

Taltec slagos-beoordeling

’n Kralekompleks is deur Taltec opgerig as deel van die buite-uitstallings by vanjaar se ALFA. Twee groepe slagosse van vyf elk is in die krale geplaas en ‘n beoordelaar van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (SAFJA) het elke uur ‘n lesing aangebied oor die beoordeling van slagosse. Die publiek kon dan hul nuutgevonde kennis beproef deur die ander groep slagosse, wat duidelik genommer was, van eerste tot vyfde plek te plaas. Die persoon wie se plasing naaste aan die waarheid was, is as die wenner aangewys en het ‘n Tal-Tec nekklamp ontvang. Dié wenner was Roger Crispin van Delareyville.

 Sernick slagos- en karkaskompetisie vir ontwikkelende boere

Sernick het ’n lang verbintenis tot die ontwikkeling van veeboere en bedryf ’n ontwikkelingsprogram onder leiding van Patrick Sekwatlakwatla. Die top vyf boere in dié program het by ALFA 2017 die geleentheid gekry om hul diere in te skryf en só deel te word van die kommersiële hoofstroom-landbou. Die inskrywings is beide op die hoef en aan die hak beoordeel en ‘n gesamentlike punt is gebruik. Die wenner in die kompetisie was Maria Mthimkulu. Sy het ook die tweede plek behaal.

Leriba People’s Choice Beef Challenge

Vir die Leriba People’s Choice Beef Challenge is vleis van ses verskillende rasse op dieselfde manier deur dieselfde sjef gaargemaak. Skougangers kon dié vleis proe en vir hulle gunsteling stem. Die Angus-vleis was volgens die publiek die lekkerste. Die vleis is verskaf deur Andrew Masterson van Milagro Angus. – Marike Brits, Veeplaas

Meer oor ALFA 2017:

Jeug @ ALFA 2017

Nasionale interraskampioenskappe @ ALFA 2017

Elite Dormerveiling by Alfa ‘n reuse sukses

SAVM-jongramme behaal goeie pryse op ALFA 2017

MILS baie gewild by ALFA 2017

Top pig genetics come under the hammer at #ALFA2017

Animal breeding under discussion at ALFA 2017

Top Toyota SA #youngauctioneers gekroon by #ALFA2017

2017 Santam Landbou kuilvoerkoning bekend

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY