Die rol van Caremix in die moderne veeboerdery-revolusie

91

Estimated reading time: 5 minutes

Veeboerderypraktyke het ongetwyfeld oor die afgelope paar dekades verander. Die dae toe produsente bloot diere op weiding kon sit of voer gee, pragtige diere grootmaak en boonop ‘n wins maak, is iets van die verlede. Die dae toe ou tegnieke tot winsgewendheid en volhoubaarheid bygedra het, is ook verby.

Read it in English.

Moderne ekonomiese toestande het die foutmarge tot so ‘n mate verklein, dat produsente nou meer presies moet wees en die beste uit hul beskikbare hulpbronne moet put. Wetenskap en navorsing het ook die manier waarop ons diere grootmaak verander – die huidige fokus is daar waar die kleinste aanpassings die grootste voordele kan bied. Hierdie veranderinge het reëls en strategieë só beïnvloed, dat produsente soms kan sukkel om by te hou. Alhoewel hierdie ontwikkelings uitdagings bied, is produsente nie aan hul eie oorgelaat nie – daar bestaan innoverende oplossings waarmee hierdie veranderende landskap genavigeer kan word.

Volvoer

Die meng van volvoer begin met die basiese elemente van enige rantsoen: vitamiene en minerale. Hierdie noodsaaklike voedingstowwe, dikwels die voormengsel genoem, is die bousteen wat die gesondheid en lewenskragtigheid van vee verseker. Voormengsels opsigself kan formulerings wees wat wissel in terme van hul samestelling en komponente. Sulke formulerings het ‘n groter invloed op produksie as wat ‘n mens sou dink.

Vitamiene en minerale word in klein hoeveelhede benodig. Tog speel hulle ‘n uiters belangrike rol in die fasilitering van belangrike produksieprosesse. Hulle kan as‘t ware beskou word as enjinolie wat verseker dat alle prosesse korrek en doeltreffend plaasvind. Die geheim van ‘n voormengsel is dat dit jou toelaat om klein veranderinge te maak wat ‘n beduidende impak kan hê.

Riglyne vir voormengsels

Die skep van die perfekte voormengsel is ‘n kunsvorm, verfyn deur die presisie van wetenskap. Alhoewel dit ingewikkeld mag lyk, is dit tog moontlik om noodsaaklike vitamiene en minerale — en hul optimale vlakke — te verstaan. Gelukkig is daar gevestigde riglyne wat jou help om te bepaal of jou voormengsel op teiken is. So kan jy verseker dat jou vee die voer kry wat hulle benodig.

  • Ons kennis van diere se voedingsbehoeftes, veral vitamiene en minerale, is uitgebreid. Nog belangriker, hierdie vereistes hoef nie net deur ‘n voormengsel aangespreek te word nie. Dit kan ‘n duur oefening wees om al jou vertroue in voormengsels te plaas; dit kan selfs risiko’s vir vergiftiging inhou. Gewone voerbestanddele dra reeds by tot hierdie voedingsbehoeftes, en voormengsels kan help om die rantsoen aan te pas om te verseker diere ontvang presies wat hulle nodig het vir optimale gesondheid.
  • Die gehalte van vitamien- en mineraalbronne is van uiterste belang. Die doel is om hierdie noodsaaklike voedingstowwe van die mees betroubare en toeganklike bronne te voorsien. Hierdie benadering waarborg dat diere die nodige voeding ontvang, en maksimeer die waarde van die bestanddele waarin jy belê.
  • Dit is ‘n wanopvatting om te dink lae-gehalte voormengsels hou enige voordele in. In dierevoeding is spreekwoord ‘jy kry waarvoor jy betaal’ altyd geldig. ‘n Belegging in gehalte verseker beter opbrengste en waarde, eerder as om kortpaaie te vat met minderwaardige produkte.
  • Maak seker jy vergelyk soortgelyke produkte, aangesien nie alle voormengsels dieselfde is nie. Dit is belangrik om die samestelling van ‘n voormengsel, sowel as die koste per dier of per kilogram voer (nie per kilogram voormengsel nie), te oorweeg wanneer jy verskillende produkte vergelyk. Vir ingeligte besluitneming moet jy verseker dat die voormengsels vergelykbaar is in terme van bestanddele en voedingsinhoud.

Die goeie nuus is dat jy nie alleen is wanneer jy besluite oor jou kudde se voeding moet maak nie. Produsente het toegang tot baie hulpbronne, soos gespesialiseerde, voorafvervaardigde produkte, of tegniese kundiges. Voorheen was die grootste uitdaging om toegang tot hierdie kundiges te verkry of om die nodige ondersteuning te kon bekostig. Nuwe, innoverende metodes word vereis om hierdie uitdagings aan te pak en meer mag in die hande van die produsent te plaas.

Caremix bied noodsaaklike voedingsoplossings

Trouw Nutrition Suid-Afrika bied ‘n unieke reeks voormengsel- en voeroplossings vir ‘n uitbreidende mark. Caremix is ‘n voedingspakket wat ontwerp is om vitamiene, minerale, en geselekteerde bymiddels in ‘n gebalanseerde mengsel te voorsien. Dit is geformuleer om veevoer optimaal aan te vul en te verseker dat jou vee al die noodsaaklike voedingstowwe ontvang wat hulle benodig.

Caremix bied aan produsente die volgende voordele:

  • Gebalanseerde voeding: Hierdie voormengsel is op grond van die dier se behoeftes gebalanseer en is op die nuutste navorsing geskoei om gesondheid en prestasie te bevorder.
  • Koste doeltreffendheid: Die formulering voorsien net die regte hoeveelhede noodsaaklike vitamiene en minerale in om voer te verbeter, wat voormengsel-uitgawes kan verminder.
  • Gerieflike verpakking: Die verpakkingsopsies verlaag die nodigheid om voormengselbestanddele in te koop. Om al die makro- en mikro-voormengselbestanddele in een pak te hê verg minder arbeid wanneer voer gemeng word en verminder die risiko van mengfoute op die plaas.
  • Tuismeng vriendelik: Caremix is pasgemaak vir die tuismenger en dit bied aan produsente groter beheer oor en insig in hulle voer.
  • Ondersteuning in voerformulering: Die produk word verskaf tesame met komplementêre voerformulerings wat goed met Caremix-pakke werk. Dit verhoog produksie terwyl voerkoste deur tuisvermenging verlaag word.

Caremix is ontwerp om soveel as moontlik hulpbronne aan produsente te bied om hulle te voorsien van alles wat hulle nodig het om goeie gehalte voer te meng, met die gemoedsrus dat hulle by moderne veeproduksie-eise kan byhou.

Deur hierdie nuwe hulpbronne goed aan te wend, kan produsente die gaping tussen ingewikkelde voedingsvereistes en praktiese behoeftes oorbrug, en onder strawwe ekonomiese toestande floreer. – André Pienaar, hoof van herkouers by Trouw Nutrition, Suid-Afrika

Klik op die skakels om die brosjures af te laai :

Vir meer inligting, kontak André Pienaar by 082 451 2463 of stuur ‘n e-pos na andre.pienaar@trouwnutrition.com. Besoek ons by Nampo Bothaville van 14 tot 17 Mei by stalletjies 23 en 24 in die Midas-saal. Besoek Trouw Nutrition se Facebook-bladsy en volg hulle op Instagram om op hoogte te bly.