Estimated reading time: 5 minutes
- Inokulante word toegedien om kuilvoer te verbeter en in Suid-Afrika is talle bakteriese kuilvoerinokulante beskikbaar.
- Indien daar nie genoeg effektiewe melksuurbakterieĂ« op die materiaal beskikbaar is nie en indien die âkos of suikerâ vir die melksuurbakterieĂ« op raak, sal die pH nie laag genoeg daal nie en dan word die kuilvoer nie goed gepreserveer nie.
- Indien ân effektiewe homofermentatiewe inokulant toegedien word, kan gewasse met lae vlakke van suikers soos tropiese grasse (Smutsvinger- en Rhodesgras), peulgewasse (lusern en sojabone) en kleingrane (gars, hawer, korog) beter gepreserveer word.
- Indien ân heterofermentatiewe inokulant dus tydens inkuiling oorweeg word, is die doel daarvan om asynsuur en propionsuur te produseer wat die groei van giste en swamme sal inhibeer en voorkom dat kuilvoer warm word.
Inokulante word toegedien om kuilvoer te verbeter en in Suid-Afrika is talle bakteriese kuilvoerinokulante beskikbaar. Soms bestaan daar wel ân mate van onduidelikheid oor die toediening daarvan.
Tydens die inkuilproses moet materiaal goed gekompakteer word om suurstof uit te sluit. Prof Robin Meeske van die Outeniqua-navorsingsplaas en beskermheer van Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetise, sĂȘ die suikers (wateroplosbare koolhidrate) word dan deur melksuurbakterieĂ« benut om melksuur te vorm. Die verlaag dan die pH so gou as moontlik tot ongeveer 4.
Indien daar nie genoeg effektiewe melksuurbakterieĂ« op die materiaal beskikbaar is nie en indien die âkos of suikerâ vir die melksuurbakterieĂ« op raak, sal die pH nie laag genoeg daal nie en dan word die kuilvoer nie goed gepreserveer nie. SekondĂȘre fermentasie vind dan plaas en melksuur word deur giste en ander bakterieĂ« benut wat die pH verder laat styg.
Die regte inkuilstadium en droĂ«materiaal (DM)-persentasie, kompaksie en afseĂ«l van die bunker is van uiterste belang en toediening van ân inokulant kan dit nooit vervang nie. Volgens prof Meeske kan alles skeef loop wanneer die pH bo 5,5 is en Clostridium tyrobutyricum groei en bottersuur vorm. Dit gee kuilvoer ân slegte smaak en reuk.
Leer meer oor kuilvoerontleding hier.
Toediening van ân inokulant
Indien ân effektiewe homofermentatiewe inokulant toegedien word, kan gewasse met lae vlakke van suikers soos tropiese grasse (Smutsvinger- en Rhodesgras), peulgewasse (lusern en sojabone) en kleingrane (gars, hawer, korog) beter gepreserveer word. âOnthou net, effektiewe toediening op die kerwer is nodig. In ân Landbounavorsingsraad (LNR)-studie het ons gevind dat lusern wat sonder enige bymiddel ingekuil is, 14 dae geneem het om te preserveer. Met 2% molasse het dit sewe dae geneem en met toediening van ân homofermentatiewe inokulant, slegs vier dae.â
In een van prof Meeske se eerste kuilvoerproewe is twee homofermentatiewe inokulante op ân sorghum X sorghumbaster toegedien. Beide inokulante het die stabiliteit van die kuilvoer benadeel. Gewasse met surplus suikers kan dus benadeel word deur toediening van ân homofermentatiewe inokulant. Hy meen die toediening van ân heterofermentatiewe inokulant op gewasse met beperkte suikerinhoud is nie ân goeie idee nie.
Tydens ân referaat by die 2018 internasionale kuilvoerkongres in Duitsland, is duidelik aangetoon dat indien ân heterofermentatiewe inokulant op heelgewas-kleingraankuilvoer toegedien word wat oor beperkte suikers beskik, dit preservering grootliks kan benadeel.
Mielies bly koning
Mieliesbevat baie suikers, het ân hoĂ« energiewaarde, en kuil baie maklik in. Die pH in mieliekuilvoer daal dikwels binne 48 uur tot onder 4. âDit is dus nie nodig om ân inokulant te gebruik vir preservering nie,â sĂȘ prof Meeske.
âSo, waarom sou ân mens ân inokulant by die maak van mieliekuilvoer oorweeg? Ons aanvaar dat die produsent mielies by 35% DM gesny het, dit in 8 tot 12mm lengtes gekerf het, dit goed gekompakteer het teen ten minste 240kg DM/mÂł en dan die bunker effektief geseĂ«l het. Wanneer kuilvoer binne vyf dae warm word nadat dit uit die bunker gehaal is, is die kuilvoer onstabiel. Giste en swamme groei, die smaaklikheid van kuilvoer verlaag en mikotoksiene wat baie nadelig vir diere kan wees, kan geproduseer word.
Lees meer oor mieliekuilvoer hier.
âIndien ân heterofermentatiewe inokulant dus tydens inkuiling oorweeg word, is die doel daarvan om asynsuur en propionsuur te produseer wat die groei van giste en swamme sal inhibeer en voorkom dat kuilvoer warm word.â
Indien ân produsent nie binne hierdie raamwerk te werk gaan nie, en nie die spesifikasie behaal nie, word ân inokulant weer baie relevant en kan dan selfs op mieliekuilvoer oorweeg word.
PrimĂȘre of sekondĂȘre fermentasie
Die gebruik van ân bakteriese inokulant kan as ân vorm van versekering gesien word en van groot waarde vir ân produsent wees, mits dit werklik nodig is.
Wat die keuse van bakteriese inokulante betref, meen Richardt Venter van AgSci Unlimited dat daar nie ân maklike antwoord is nie. By die meeste maatskappy se produkte word ân onderskeid getref tussen homo- en heterofermentatiewe bakteriese tipes, of ân kombinasie daarvan.
âAs jy egter teruggaan na die basiese wetenskap, gaan dit eintlik oor die fokus van die produk, hetsy op primĂȘre of sekondĂȘre fermentasie, en oor die korrekte aanwending van die regte tipe op die regte plek. Benewens hierdie verskille word daar dikwels in ân maatskappye se produkreeks ân onderskeid tussen gewastipes getref, aangesien die behoefte van die algemeenste gewasse wat vir kuilvoer aangewend word, dramaties verskil.â
Tog is daar produkte wat beweer dat dit vir alle gewasse onder alle omstandighede geskik is. âIn my opinie is dit nie akkuraat nie en indien dit so is, dui dit op ân produk wat moontlik nie veel van ân meetbare bydrae lewer nie. Vra dus die regte vrae as jy ân inokulant aanskaf.â – Carin Venter, Veeplaas
Vir meer inligting, kontak prof Robin Meeske by 082 908 4110 of Robin.Meeske@westerncape.gov.za, of Richardt Venter by 083 590 3014 of richardt@agsci.co.za.