Estimated reading time: 3 minutes

Die voortgesette gebruik van data het produktiwiteit, doeltreffendheid en kommunikasie in alle bedrywe verbeter, en landbou is geen uitsondering nie. Trouens, tegnologie het landbou in die afgelope paar dekades totaal verander en tot die ontwikkeling van slim landbou- en presisieboerderytegnologieë gelei.

Read it in English.

Landbou en landboubesigheidsektore het dus duidelik voordeel uit die aanvaarding van moderne Internet-tegnologie getrek, wat besighede in staat gestel het om ook hul bemarking, kwaliteit en voorraadbeheer te verbeter, administratiewe en rekeningkundige uitgawes te verminder en sekere funksies en prosesse te outomatiseer.

Risiko’s in ‘n veranderende landskap

Ongelukkig kom hierdie vooruitgang ook met sekere nadele. Gedurende die afgelope jaar was daar ‘n skerp toename in kuberaktiwiteit en verwante misdade, en hierdie ontluikende bedreiging kan ondernemings, lande en die publiek moontlik beïnvloed. Soos wat meer toestelle aan netwerke gekoppel word en meer take geoutomatiseer word, sal potensiële kuberrisiko’s in die volgende paar jaar ook eksponensieel groei.

Sommige bedrywe is aan die begin van hul kuberveiligheidsreis en is nou waar ander ‘n paar jaar gelede was, toe digitalisering veroorsaak het dat hulle ‘n teiken van kuberaanvalle geword het.

https://www.agriorbit.com/landboutegnologie-baan-die-weg-in-2022/

“Landbou is vir ’n lang tyd as ’n lae-risiko bedryf vir potensiële kuberaanvalle beskou. Met die aanvaarding van nuwe tegnologieë en die verhoogde gebruik, insameling, ontleding en berging van data, raak kubermisdaad egter nie net ‘n bedreiging vir produsente, landboubesighede en die bedryf nie, maar ook vir die hele waardeketting,” waarsku Liza de Beer, produkontwikkelingsbestuurder by Old Mutual Insure.

Vandag sal byna elke produsent een of ander vorm van basiese tegnologie gebruik om sake te doen, byvoorbeeld ‘n slimfoon of skootrekenaar. Dit beteken dat eenvoudige sekuriteitsoplossings soos die outomatiese opdatering van sagteware, anti-virussagteware en multifaktor-verifikasie gebruik word.

“Slim landbou en gesofistikeerde, digitaal-geaktiveerde besighede, soos intensiewe boerderybedrywighede en geoutomatiseerde boerderystelsels, kan egter meer komplekse sekuriteitsmaatreëls vereis,” voeg Liza by.

Met soveel aanlyn-aktiwiteit loop produsente dieselfde risiko’s as ander bedrywe, en soms selfs meer. Hierdie bedreigings op plase kan verreikend wees en kan van persoonlike privaatheid tot sensitiewe inligting oor die plaas, intellektuele eiendom, vaardigheidskennis en verspreiding strek.

“Slim landbou is hier om te bly, aangesien produsente hul produksie moet verhoog om ‘n groeiende plaaslike en globale bevolking te help voed. Die toenemende gebruik van die Internet, wolktegnologie, groot data, en kunsmatige intelligensie om opbrengste en volhoubaarheid te verhoog, om maar ‘n paar te noem, verhoog ook ons kwesbaarheid in terme van kuberveiligheid,” verduidelik Liza.

Ken jou kuberrisiko’s

“Die eerste stap in die beskerming van data is om te weet waar dit is, van eposse en dokumente, proses- en sensorinligting, netwerkberging en bedieners tot draagbare toestelle soos slimfone, skoot- en tabletrekenaars.

In slim landbou of presisieboerdery is dit van uiterste belang dat die produsent die pad verstaan ​​waaarlangs data regdeur die voorsieningsketting loop, hetsy dit sensors, GPS-monitering (met hommeltuie), geoutomatiseerde toerusting, enige landbouproses of die verspreidingskanaal behels.

Daarom is dit belangrik dat produsente kuberkwesbaarhede in hul daaglikse bedrywighede en prosesse identifiseer, om hul eie kuberkwesbaarheid te verstaan ​​en pogings aanwend om enige leemtes aan te spreek,” sê Liza.

Boerderye kan nie bekostig om lank sonder hul rekenaarstelsels te wees nie. Werknemers kan eweneens blootgestel wees en moet op ‘n deurlopende basis herinner word aan die risiko’s wat met tegnologie gepaard gaan asook die impak wat dit op hulle en die boerdery kan hê.

“Produsente en diegene wat in die landboubedryf werksaam is, moet dus bedag wees op die risiko’s verbonde aan aanlyn-sekuriteit en wat hulle te doen staan om hulself en hul besighede so ver as moontlik te beveilig,” sluit Liza af.

Besoek ons webwerf by www.ominsure.co.za vir inligting oor ons landbouprodukoplossings.

Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en bied nie enige advies nie. Old Mutual Insure Beperk is ’n gelisensieerde FDV en nie-lewensversekeraar.