HomeMagazinesDie kunsmis van die plaas is die voetspore van die baas

Die kunsmis van die plaas is die voetspore van die baas

Estimated reading time: 8 minutes

  • Dian Landman is ’n melkprodusent van Tsitsikamma wat daarvan hou om by die basiese beginsels van ’n melkery te hou, want “as die basiese goed reg is, kan ’n mens fyner beplan”.
  • Toe Dian in 2016 by sy pa, Daan Landman, op die plaas aansluit, het hy gou agtergekom dat ’n melkery met sekere bestuursvaardighede gepaardgaan. Daarom het hy eers by die melkstalle ingeval om die werk daar onder die knie te kry, waarna die res, soos dieregesondheid, menseverhoudinge, weidingsbestuur en finansiële beplanning aan die beurt gekom het.
  • ’n Swak besettingsyfer het ’n groot impak op ’n melkplaas en ’n baie streng protokol word gevolg om Lactimar se koeie dragtig te kry.
  • ’n Mens moet ook in ag neem dat die hoeveelheid kos wat die koeie vreet, van dag tot dag kan verskil. Jy dink dalk ’n koei benodig 18kg droëmateriaal volgens die som wat jy gemaak het, maar dit is nie noodwendig haar behoefte vir daardie spesifieke dag nie.
  • Die gebruik van goeie genetika is ’n baie belangrike faset van Lactimar se bestuur. Hulle gebruik vir jare al Deense genetika van Viking Genetics wat via Genimex verkry word.

Dian Landman is ’n melkprodusent van Tsitsikamma wat daarvan hou om by die basiese beginsels van ’n boerdery te hou, want “as die basiese goed reg is, kan ’n mens fyner beplan”. Die 31-jarige wie se groot liefde trekkers en weidings is, is in 2023 as Agri Oos-Kaap se Toyota Jongboer van die Jaar gekroon. Hy was ook ’n finalis in die Nedbank/MPO-rentmeesterskapkompetisie.

Toe Dian in 2016 by sy pa, Daan Landman, op die plaas aansluit, het hy gou agtergekom dat ’n melkery met sekere bestuursvaardighede gepaardgaan. Daarom het hy eers by die melkstalle ingeval om die werk daar onder die knie te kry, waarna die res, soos dieregesondheid, menseverhoudinge, weidingsbestuur en finansiële beplanning aan die beurt gekom het. Sy pa kon met ’n geruste hart aftree toe Dian die dag beheer van Lactimar neem waar 3 800 koeie twee keer per dag gemelk word.

“Ons is ’n gedeeltelik gemengde-rantsoen (PMR)-melkery wat beteken dat ons weidingsgeoriënteerd is, waar die koeie self hulle voer op die lande gaan haal en wanneer daar gedurende die jaar nie genoeg weiding is nie, byvoeding gegee word. Hierdie soort boerdery se insetkoste is laer as by volledig gemengde-rantsoen (TMR)-boerderye,” verduidelik Dian tydens Veeplaas se besoek op die plaas.

Een van die belangrikste dinge vir hom is om ’n gelukkige werksmag te hê. “Ek dink ons het van die beste spanne werknemers op die plaas. Dit is ’n gebalanseerde bestuurspan van 15 wat mans en vroue insluit. Ons het 80 permanente werknemers in totaal. Omdat die melkery arbeidsintensief is, is dit vir ons belangrik dat die mense gelukkig moet wees en hulself moet uitleef en veilig voel in hul werksomgewing.”

Lees meer oor die gebruik van chemikalieë op melkplase hier.

Volhoubare besettingsyfers

’n Swak besettingsyfer het ’n groot impak op ’n melkplaas en ’n baie streng protokol word gevolg om Lactimar se koeie dragtig te kry. Een daarvan is dat elke koei daagliks genoeg kos kry saam met die regte hoeveelheid vitamien- en mineraalaanvullings, sodat sy haar liggaamskondisie kan handhaaf om te kalf en melk te produseer.

“Ons bereken elke koei se hoeveelheid kos op grond van haar liggaamsmassa, ouderdom, of sy slegs kondisie moet handhaaf, en of sy minder of meer moet weeg,” sê Dian. “As ’n beginpunt gebruik ons ’n voedingsformule om eers ’n goeie aanduiding te kry van wat nodig is. Daarna pas ons dit aan deur fisies by die lande uit te kom en te kyk of die weidings vermors word, en of die koeie dit plat vreet wat daarop sal neerkom dat daar te min kos is.

“ ’n Mens moet ook in ag neem dat die hoeveelheid kos wat die koeie vreet, van dag tot dag kan verskil. Jy dink dalk ’n koei benodig 18kg droëmateriaal volgens die som wat jy gemaak het, maar dit is nie noodwendig haar behoefte vir daardie spesifieke dag nie. Daar kan verskeie redes daarvoor wees, soos ’n warm dag wanneer hulle minder vreet of kouer dae wanneer hulle meer energie benodig.”

Bestuur van kalfseisoene

Daar word twee kalfseisoene by Lactimar bestuur. Die groter een is tydens laatwinter, voor die lente, wanneer daar volop weidings is. “Dit gaan daaroor dat ons die koeie in melk wil hê wanneer kos volop is,” sê Dian. “Die koeie is tydens einde-herfs/begin-winter in hul droëperiode, wat dit baie goedkoper maak om hulle as lakterende koeie te voer.”

Dit is ’n 12-weke tydperk wanneer almal bontstaan en fokus op klein kalfies. In die kleiner kalfseisoen wat nege weke duur, kalf die koeie aan die einde van die somer (’n herfs KI-seisoen) en as dit ’n droë somer was, beteken dit dat minder koeie gevoer hoef te word.

Die gebruik van goeie genetika is ’n baie belangrike faset van Lactimar se bestuur. Hulle gebruik vir jare al Deense genetika van Viking Genetics wat via Genimex verkry word. Volgens Dian is die presisie waarmee bulle by Viking Genetics geklas word, van wêreldgehalte.

“Ons het onlangs begin om genetika vanaf Nieu-Seeland in die kudde te gebruik en dit is iets waaroor ek nogal opgewonde is,” sê hy. “Dit staan bekend as Kiwicross en is basies kruisrasbulle waarvan die semen getap en in strooitjies beskikbaar gestel is. Ons het in die verlede net Jersey- of Holstein-semen gebruik om kruisrasverse te produseer, maar afhangend van die eienskappe waarna ons soek, maak ons nou ook gebruik van die kruisrasbulle se saad om kruisrasverse uit Jersey- en Holstein-koeie te teel.”

Van die belangrikste eienskappe waarna hulle streef is goeie uiergesondheid en koeie met ’n kleiner liggaamsbou, sodat hulle makliker na en van die lande kan stap. Volgens Dian neig die meerderheid melkkopers al hoe meer na ’n hoër vastestofinhoud in melk, en daarom selekteer Lactimar tot ’n groot mate ook vir hierdie eienskappe.

Lees meer oor die roumelk-risiko hier.

Kapitaalinsette en -uitsette

Lactimar se slagspreuk is “Volhoubare suiwel” en dit neem die hele prentjie op die plaas in ag. Elke stukkie grond word benut en terselfdertyd is Dian erg daaroor om nie die natuurlike vleilande en bosse uit te haal nie. Twee van die plase se damme kry jaarliks voldoende water, terwyl die ander twee plase minder water het. Hulle moes dus aanpas om die een helfte van die besigheid anders te bestuur as die ander helfte. “Dit is wat ’n melkboerdery anders maak – daar is elke dag iets anders.”

Ongelukkig is beskikbare en bekostigbare grond in hulle omgewing redelik beperk. “Om ons doelwitte te bereik, probeer ons dus om tegnologie so doeltreffend as moontlik aan te wend.” Dian merk verder op dat baie melkerye, net soos Lactimar, gedwing word om vertikaal te groei. “Dit is dus belangrik dat die melkplase ten volle gebruik maak van tegnologie, soos aanpasbare kunsmistoediening en GPS-stelsels op trekkers. Ons gebruik beide stelsels en albei het binne ’n jaar vir hulself betaal. Dit word slegs op die reguit plantlyne gebruik en bring ‘n besparing op tyd, brandstof, en die hoeveelheid saad en kunsmis wat benodig word, mee.”

Die draaitafel waarop Lactimar se koeie gemelk word. Hul melkstaloudits geniet tans platinumstatus. (Foto: Pierre Gerber)
Die draaitafel waarop Lactimar se koeie gemelk word. Hul melkstaloudits geniet tans platinumstatus. (Foto: Pierre Gerber)

Die melkstalle maak gebruik van ’n Afimilk-melkbestuurstelsel. Die toerusting is baie sensitief vir kragonderbrekings en elektriese fases en daarom is sonpanele by elke melkstal geïnstalleer. Lactimar het in September 2023 hul eerste groot sonkragprojek op Boschkloof geïnstalleer.

Hulle Eersterivier-melkstalle wat in 2021 gebou is, het ’n 25kW-sonkragstelsel op die dak sodat die kompressors deur die dag kan werk om yswater in die ysbanke te maak om die melk af te koel. Drie van die melkstalle het in hierdie stadium al ysbanke met koue water wat die melk se gehalte baie verbeter en die koste van kragverbruik verminder het.

Pilare van suksesvolle melkboerdery

Die kern van Dian se boerdery staan op ‘n paar pilare: volhoubaarheid, menslike hulpbronne, die ekonomie van ’n boerdery wat finansies insluit, en die omgewingsimpak van die boerdery. En natuurlik moet hy altyd weet wat orals op die plaas aangaan. “Dit is belangrik dat ’n mens nie hande in die hare sit as daar skielik ’n krisis ontstaan nie, maar dat jy weet wat jou te doen staan en self kan inspring wanneer dit nodig is.”

Vir meer inligting, kontak Dian Landman by 082 656 4880 of landman@lactimar.co.za.

Kongresse, kompetisies en skoue – Kom kyk Plaas TV

Estimated reading time: 3 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Syferfontein Bonsmaras hou suksesvolle veiling

Estimated reading time: 3 minutes Die bekende Bonsmarastoet by Vrede, Syferfontein Bonsmaras van Nico Pieterse, se 25ste produksieveiling is...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 23 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for...

Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar: “Daar is plek vir ons kleinboere”

Estimated reading time: 5 minutes Dean Barnard (40) van Oppie Plaas-boerdery in die Waboomskraal-area naby George, is as 2024...

Keep exploring...

The South African cattle and sheep market – Part 1: Supply

Livestock production in South Africa is as old as the hills. The sheep spotted by the first European seafarers on the South African coast...

The South African cattle and sheep market – Part 2: Demand

In the first part of this series we looked at the supply of sheep and cattle in South Africa and concluded that it decreased...