Die Hugenoot: ’n Uitskieter in die vleisbeesbedryf

Estimated reading time: 3 minutes

In elke raspromosie-artikel lees ’n mens dieselfde ou storie. Elke ras maak aanspraak op dieselfde bates, voordele en voortreflikheid. Elke ras se diere is die vrugbaarste, bes aangepaste, mees geharde in die land. Hul diere het die beste voeromset, die maklikste temperament, is die meeste bestand teen parasiete en het die sagste, smaaklikste vleis onder die son. En natuurlik is dié ras ’n gunsteling by voerkrale, soveel so dat voerkrale bereid is om voor die voet ’n premie vir die speenkalwers te betaal.

So, wat maak die Hugenootras, wat aan al dié vereistes voldoen, dan anders?

Voortdurende verbetering

Die Hugenoot is waarskynlik die mees onderskatte vleisbeesras in Suid-Afrika. Hierdie ras is uit Suid-Afrika, vir Afrika met al sy uitdagings, geteel. Meer as drie dekades se harde werk en intensiewe seleksie in Suid-Afrika het tot die ontwikkeling van die relatiewe nuwe Hugenootvleisbeesras gelei, wat vandag ’n volwaardige SP-ras (stud book proper) is.

Lees van ‘n suksesvolle Hugenootstoet.

Hoë rasstandaarde word gehandhaaf en verpligte keuring is ’n voorvereiste van alle Hugenootbulle by veilings. Daarby is die Hugenootbeestelersgenootskap van Suid-Afrika, Hugenoot SA, ’n bedryfsleier in die toepassing van genomiese teelwaardes wat die nodige dubbelbespiering- en poenagene uitwys.

Hugenootstoettelers word ook voortdurend aan nuwe tegnologie en wetenskap blootgestel om die ras te verbeter. Die vleisbedryf gons behoorlik oor die voeromsetdoeltreffendheid, karkaseienskappe, genomiese profiele en ander eienskappe van Hugenootbeeste.

Prestasie in die voerkraal

Die Hugenoot word as een van die beste rasse vir die voerkraal beskou. Om vleisbeeste vir wins groot te maak, is ’n bevredigende onderneming, maar om dit volhoubaar te doen moet jy jou hulpbronne, soos grond, arbeid, kapitaal en voer, fyn bestuur en die mark ook in gedagte hou. Dit het geen nut om met ’n bees te boer wat die mark, en veral die voerkraal, nie wil hê nie.

Meer as 80% van Suid-Afrika se speenkalwers gaan jaarliks na die voerkraal. Om in die voerkraal te presteer, moet ’n bees kan groei (minstens 2kg per dag), ’n goeie voeromsetvermoë toon (verkieslik onder 6kg), ’n goeie temperament hê, asook siektes kan weerstaan. Die Hugenoot is juis met hierdie vereistes in gedagte geteel en staan voor in die tou wanneer speenkalwers bemark word.

Die syfers staaf die aansprake

Hugenootspeenkalwers presteer uitstekend in die voerkraal. Met indrukwekkende resultate van slagstate oor ’n tydperk van vyf jaar, soos aangedui in Tabel 1, het die Hugenoot sy plek in die Suid-Afrikaanse vleisbeesbedryf begin volstaan.

Tabel 1: Slagsyfers van Hugenootbeeste oor die afgelope vyf jaar. (Gemiddeldes is bereken)

Vir meer inligting, kontak die Hugenoot SA-beestelersgenootskap se kantoor by 083 449 3227 of besoek hul webtuiste by www.hugenootsa.co.za.

Must read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek het ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy het die afgelope week met Lise Roberts oor die nuutste weersake op RSG Landbou gesels....

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 38

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. https://agriorbit.com/rooivleispryse-red-meat-prices-2/ Important notes Domestic pork carcass prices are weighted averaged abattoir purchase prices per category...

RSG Landbou: 28 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Die grootste beperkende faktor ten opsigte van produksie-doeltreffendheid in skaapboerdery, is mortaliteit onder pasgebore lammers. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons by Alheit du Toit van Feedtek wat die oorsaak is...

Biesmelk: Die lewensbron van lammers

Estimated reading time: 3 minutes Die belangrikheid van biesmelk kan nie oorbeklemtoon word nie. Dit is daardie eerste melk wat die lam inneem na geboorte. Dit gee daardie nuwe lam ’n eerste hupstoot en...