Koershou met Hennie

Deur Alwyn Viljoen

Met trots geborg deur Toyota

Die één rede waarom jy ’n bakkie moet toetsbestuur

Estimated reading time: 4 minutes

Die gholf- en rolbalklub is ons klein dorpie se gunsteling twee watergate. Hier vergader die distrik se boere en plaaslike besigheidseienaars om goeie geselskap en goedkoop drankies te geniet, en ‘n bietjie te vergeet van die week se moeilikhede.

Read it in English.

Verlede week het dinge interessant geraak. Khula, die plaaslike Toyota-verkoopsman, wil ‘n weddenskap aangaan met my en Jay, dat ons nie die verskil sal kan uitwys tussen ’n P-reeks, Hilux of Ranger as ons geblinddoek in die passasier-sitplek ry nie. Jay bestuur die plaaslike skrootwerf en bou gusheshes vir die plaaslike spin-entoesiaste, terwyl ek my vlieglisensie verdien het deur vir ure aaneen totale harmonie te vind in die vibrasies van ’n vliegtuig. Ons albei bestuur dubbelkajuitbakkies – Jay ry ‘n Ranger, en ek ‘n Hilux.

Ons was albei redelik seker dat Khula verkeerd was oor sy aanname dat hedendaagse mededingende voertuie, dubbelkajuite ingesluit, so eenders is dat ’n blinde toetsrit nie die verskille sal kan uitwys nie. Khula was egter reg. Nie ek of Jay kon geblinddoek sê in watter gewilde bakkie was ons nie, behalwe natuurlik vir die Isuzu se bekende dieselgekletter.

Evalueer die handelaar

“Deesdae dien ’n toetsrit net een doel en dit is om vas te stel of die voertuig wat jy wil koop, wel kan ry. Wanneer jy egter ’n bakkie vir die plaas koop, is die handelaar se naverkopediens die heel belangrikste aspek,” was Khula se wyse woorde met ons terugkeer by die watergat.



Volgens Khula begin die evaluering van ’n handelaar met ’n paar ure se eenvoudige navorsing op die Internet, jou pen en notaboek langs jou. Die eerste ding wat jy moet vasstel, is wat die inruilprys vir jou huidige bakkie is. Die handelaar moet naby aan hierdie prys kan kom.

Gee ook aandag aan kompeterende modelle se spesifikasies. Dit help nie jy koop ’n voertuig wat nie in jou motorhuis gaan pas nie, of ‘n bakkie wat nie ’n swaar sleepwa kan trek nie. En laaste, maar die belangrikste, meen Khula, is om besoek af te lê aan die handelaars wat die naaste aan jou geleë is.

Jay het sy kop geknik oor hierdie advies. Hy moes eenkeer na die volgende dorp ry sodat sy Franse motor gediens kon word – beslis nie ‘n ondervinding wat hy vir enige motoreienaar sal aanbeveel nie.

Tyd vir die toetsrit

Die beste tyd, volgens Khula, om vir ‘n toetsrit te gaan is die laaste week van die maand. Handelaars het teikens wat gejaag word en is dan gretig om voorraad van hulle vloere af te kry.

“Maak seker dat die voertuig verseker is en vind uit wat die bybetaling is voor jy vir ’n toetsrit gaan,” voeg Jay toe van die kant af by. Een van sy vele neefs moes ’n paar duisend blare opdok vir ’n toetsrit wat in ’n ongelukkie geëindig het.

Khula erken dat meeste handelaars baie hoë bybetalings het ten einde die premies laag te hou. “Dis egter net ‘n probleem as jy soos ‘n Formule 1-renjaer gedra tydens die toetsrit.”

“Bestuur eerder net op paaie wat jy ken. Moet ook nie op jou eerste indrukke staatmaak om dinge soos padgeraas of die kragstuur te vergelyk van jou huidige kar nie. Jy kan redelik seker wees dat die nuwer model in alle opsigte beter sal wees.

“As jy eers veilig terug by die handelaar is, is dit tyd om bietjie in die passasiersitplek te sit en al die speelgoed uit te toets,
soos om jou foon te koppel en die klankstelsel uit te toets.”

Moenie te lank wag nie

Khula deel toe ‘n bietjie slegte nuus: Lae voorraadvlakke is die nuwe norm, en dit beteken dat ons ons nou in ’n verkopersmark bevind.

“Die bakkiemark het sedert die inperking meer vraag as aanbod ervaar. Iemand anders gaan beslis ’n beter aanbod maak terwyl jy kibbel en onderhandel,” waarsku hy. “As die toetsrit nie teleurgestel het nie en die inruilprys is goed, moet jy liewers vat wat jy kan kry.”

Lees meer oor waarborge.