Tuesday, December 16, 2025

Cilliers laat diep spore in SA wolbedryf

Estimated reading time: 2 minutes

Japie Cilliers (81), ’n bekende leier in Suid-Afrika se georganiseerde landbou en veral in die wolbedryf, is op 8 Junie vanjaar oorlede. Nadat hy sy matriek by die Hoërskool Ermelo in 1961 voltooi het, het hy op die plaas Roodewal in die Ermelo-distrik begin boer waar hy ’n gemengde boerdery gevestig het.

Cilliers, ook bekend as ‘Grootbaas Jaap’, het diep spore in die land se georganiseerde landbou getrap, van die plaaslike boerevereniging, die distrikslandbou-unie en die provinsiale tak van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV), tot op nasionale en internasionale vlak waar hy in verskeie organisasies en kommissies ’n leiersrol vervul het.

Voorslag-landbouleier

Cilliers was van 1995 tot 1999 voorsitter van die NWKV en het op die uitvoerende raad van die destydse Suid-Afrikaanse Landbou-unie (nou Agri SA) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) gedien.

Vir sy uitstaande diens aan die wolbedryf is Cilliers met die Silwer Ram-toekennng van die NWKV vereer.

Cilliers het ook gedien op die Kommissie van Ondersoek na die Wolbedryf, die Nasionale Adviesraad vir Diereproduksie, die Landbounavorsingsraad (LNR), die destydse Suid-Afrikaanse Wolraad, en was ook raadslid en ondervoorsitter van die destydse Internasionale Wolsekretariaat (IWS). Hy het ook op die finansiële komitee van die IWS gedien, en in hierdie kapasiteit was hy deel van die bestuur van die verandering van die IWS as ’n vennootskap na ’n kommersiële maatskappy, The Woolmark Company.

Beginselvaste karakter

Die agting wat Cilliers in georganiseerde landbou geniet het, kan toegeskryf word aan sy hoë werksetiek en eerlikheid. Sy sterk leierskap, deursettingsvermoë, nugtere denke, onderhandelingsvermoë, en mensekennis het na vore gekom gedurende die deregulering van die wolbedryf (ontbinding van die destydse Suid-Afrikaanse Wolraad). Hoewel die deregulering moeilik was, was sy uitgangspunt dat alles op ekonomiese beginsels moet berus. – Hugo Lochner, Plaas Media

Samic: Protector of red meat quality

Estimated reading time: 5 minutes If you thought the South African Meat Industry Company (Samic)...

Elke happie tel: Presisievoeding vir optimale produksie

Estimated reading time: 6 minutes Elke produsent het die behoefte om meer winsgewend en volhoubaar...

Flies and blowflies: A serious threat to cattle health

Estimated reading time: 4 minutes Several fly species negatively affect cattle productivity, including biting flies...

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...