Byeprodusente word hard getref deur byekorfdiefstal

Estimated reading time: 5 minutes

Die diefstal van byekorwe in Suid-Afrika het in die afgelope vyf jaar drasties toegeneem en stel ernstige uitdagings aan die bedryf. Louis van Zyl, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Byebedryforganisasie (Sabio), sê byeprodusente word landswyd finansieel benadeel deur hierdie misdryf.

Diefstal is veral ’n groot kopseer in die Wes-Kaap, Gauteng, Limpopo en nou ook in Noordwes. Hy sê daar is sowat 30 kommersiële byeprodusente in die land en elkeen het meer as ’n duisend byekaste. Vyf jaar gelede is sowat 10% van die produsente se byekaste jaarliks gesteel. Dit het intussen toegeneem na 40% per jaar, wat ’n beduidende toename is in vergelyking met skade wat deur vandalisme aan byekaste gerig word.

Die situasie in Noordwes

In Noordwes is die toename in bykorfdiefstal op plase vir byeprodusente ’n frustrasie. Misdadigers teiken veral Lichtenburg en omliggende gebiede, maar dit is nie beperk tot hierdie area nie. Ongelukkig word al hierdie voorvalle nie altyd by die polisie aangemeld nie.

Kolonel Adél Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, sê daar is sedert die einde van verlede jaar vier afsonderlike klagtes van byekorfdiefstal net in die Lichtenburg-distrik aangemeld. In die mees onlangse voorval wat aangemeld is, is 80 van Kobus Schmidt, ’n plaaslike kommersiële byeprodusent, se korwe gesteel. Dié korwe het tussen bloekombosse op ’n plaas 15km buite die dorp in die rigting van Ottosdal gestaan. Hy het vergunning gekry om dit daar te hou. Kol. Myburgh sê die polisie-ondersoek duur voort en nog niemand is aangekeer nie. Daar is ook geen bevestiging of ’n sindikaat betrokke is nie.

Lees meer oor hoe die herstel van plantasies bye help.

Uitgeslape misdadigers

Van Zyl sê kleiner byeprodusente loop in ’n mindere mate ook deur onder diefstal, omdat hulle minder bye in hul kaste het en hul kaste op veilige staanplekke gehou word. Hy meen dat mede-kommersiële byeprodusente moontlik agter die diefstal sit. Hulle steel die byerame uit die kaste en plaas dit oor in hul eie kaste as hulle nie die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se registrasienommer van die gesteelde kaste kan verwyder nie.

Die gesteelde kaste word gewoonlik verbrand. Hy sê soos in die veebedryf, is byeprodusente wettiglik verplig om by die departement te registreer. Elke byeprodusent ontvang ’n unieke registrasiekode. Van Zyl doen ’n beroep op produsente om nie byekorwe op hul plase toe te laat as dit nie by die departement geregistreer is nie. Produsente moet op ’n sertifikaat vanaf die departement aandring, want daarsonder is daar geen bewyse aan wie die byekorwe behoort nie.

Verliese gely

Schmidt is geskok en verbysterd oor die diefstal van sy byekorwe. Hy vermoed dat die misdadigers nie Jan Alleman is nie, maar dat dit kommersiële byeprodusente is wat bestuiwingsdienste lewer en hul korfgetalle vir eie finansiële gewin wil vermeerder. Daar word vermoed dat ’n swaarvoertuig gebruik is om sy byekaste te verwyder en na ’n ander plek te vervoer waar dit weggesteek en waarskynlik vernietig is.

Hy meen byekorfdiefstal neem nou toe in Noordwes, omdat sommige byeprodusente van hul korwe ontslae moes raak om te verhoed dat bye, wat in ’n swak kondisie was weens die uiterste hitte en droë toestande, nie versprei nie. Dit het gelei tot ’n tekort aan byekorwe en misdadigers slaan toe om hulself te verryk en om hul bestuiwingskontrakte na te kom.

Intussen werp Schmidt alles in die stryd om sy byekaste, wat duidelik met die departement se geregistreerde nommer – TA557 – gemerk was, op te spoor. Hy sê sy korwe kan enige plek in die land wees, omdat hy sy bye wyd skuif na saad- en vrugteprodusente vir bestuiwingsdoeleindes. Hy vestig sy hoop op die polisie om die misdadigers aan te keer, want hy kan dit nie bekostig om nog van sy byekorwe te verloor nie.

Sy verlies beloop al meer as R300 000. Jan Kruger, ’n byeprodusent van Sannieshof, sê 22 van sy byekorwe is vroeër vanjaar op ’n plaas in die Biesiesvlei-gebied gesteel. ‘n Produsent, wie se byekorwe op die buurplaas was, het ook onder diewe deurgeloop. Die diefstal is vir Kruger ’n reuse terugslag, omdat hy vir jare hard gewerk het om sy korfgetalle op te bou. 

Bye en biosekuriteit

Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê hulle veroordeel enige vorm van diefstal en keur ook die diefstal van byekorwe, wat ’n waardevolle bydrae lewer tot biodiversiteit, af.

Hy meen byeboerderye speel ’n groot rol in die bestuiwing van die vernaamste graan- en vrugtedraende gewasse, terwyl dit ook wilde plantpopulasies onderhou. Bye lewer dus ’n groot bydrae tot voedselsekerheid. “Dit is jammer dat die tipe misdaad plaasvind en dat die waarde en funksie van byekorwe wat gesteel word, verlore gaan as gevolg van diefstal.” – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Louis van Zyl op 072 796 8334 of levanzyl.vanzyl1@gmail.com, of Kobus Schmidt op 082 8566832 of schmidtwilrich95@gmail.com of Boeta du Toit op 082 388 1722.

Must read

Agbiz sheds light on EU citrus disputes

Van boeredae tot kuilvoerkompetisies – Plaas TV dek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Wolfe Braude of Agbiz gives us background on the European...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated?https://drive.google.com/file/d/1Dkq1o6hyVk_XbciPOvsJUaFjhnuparoH/view?usp=sharing The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after Jan van Riebeeck’s tenure in the Cape, but it was not until the 1960s that this cactus was recognised for...
red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 35 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

RPO bespreek uitvoere, predasiebestuur en veranderende wetgewing

Estimated reading time: 7 minutes Terwyl oorgrenshandel en die vervoer van lewende hawe en dierlike produkte op verskeie vlakke problematies bly, beleef die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Nasionaal se uitvoerende raad heelwat positiewe momentum met betrekking tot...