Britsberg-landbouvereniging: ‘Mielieproewe lewer waardevolle bydrae’

Estimated reading time: 3 minutes

Ingeligte besluitneming bevorder volhoubare boerderypraktyke en mededingendheid, terwyl uitdagings in die proses met meer welslae aangepak kan word. Daarom is inligtingsdae vir produsente waardevol omdat dit in ‘n mate bydra tot die neem van deurdagte besluite, wat in die proses risiko’s kan verminder.

So sê Johan Brink, voorsitter van die Britsberg-landbouvereniging in die Senekal-gebied, nadat dié vereniging ‘n suksesvolle mielie-besigtigingsdag in samewerking met Pioneer aangebied het. Die geleentheid was op lede van die vereniging en produsente van omliggende landbouverenigings, wat almal deel is van die oorkoepelende Senekal-landbouvereniging, gemik.

Lees meer oor die onlangse Syngenta inligtingsdag.

ʼn Tweedoelige inligtingsdag

Hierdie jaarlikse geleentheid, waar mieliekultivars van saadmaatskappye op Brink se proefperseel naby Senekal besigtig en bespreek is, het onlangs vir die derde keer plaasgevind. Profielgate is ook bestudeer.

Volgens Brink help proefkultivars produsente om vas te stel watter kultivars goed in hul gebied presteer sodat hulle ‘n maksimale opbrengs kan behaal. In die proses word daar ook tred gehou met nuwe tegnologie, sodat tegnologiese voortuitgang bewerkstellig kan word. Hy sê ook dat die proefresultate ook aan lede van die onderskeie landbouverenigings beskikbaar gestel word.

Verskeie landboubesighede en ander belanghebbendes was ook onder die uitstallers wat tot die sukses van dié dag bygedra het. Brink sê hulle het die geld van die borge gebruik om die dag aan te bied, en die res gebruik om die plaaslike landbougemeenskap te ondersteun.

Dié geld word aangewend vir Britsberg se kamera-beveiligingsprojek met nuwe kameras wat geïnstalleer word, terwyl ‘n gedeelte daarvan vir die algemene funksionering van ‘n beheerkamer in Senekal gaan.

Die mieliekultivar-proefperseel dien sy doel

Brink sê produsente vind baat by die proefopnames van die onderskeie kultivars wat op die proefperseel van ongeveer 15ha aangeplant word. “Die risiko in landbou vergroot en as besluite geneem kan word met meer beskikbare inligting oor die regte kultivar wat goed aangepas is in die omgewig, kan risiko’s verminder word. Dit kom alles op deeglike risikobeplanning neer.

Hy sê in die Senekal-distrik maak produsente hoofsaaklik staat op sterk, meerkoppige mielieplante, wat wyd aangepas is, ‘n goeie opbrengs lewer en hoofsaaklik droogtebestand is. Hy voeg ook by dat verskeie programme in toepformaat gebruik kan word om inligting soos onder meer die hoeveelheid koppe per 10m en die hoeveelheid rye pitte wat op ‘n mieliekop is, in te voer. Die program verskaf dan ‘n voorlopige oesskatting, en volgens die jongste resultate kan van die proefkultivars ‘n goeie opbrengs van net onder 7ton/ha lewer.

Lees meer oor geelmielies se kontrakprys.

Plant mielies vir die droë jare

Brink sê in hul gebied, met ‘n gemiddelde reënval van 650mm tot 700mm per jaar, moet mieliekultivars ‘n geen wat plante droogtebestand maak bevat. Hy glo hoewel dit goed gereën het in die afgelope paar jaar, moet produsente nie vir nat jare boer nie, maar eerder vir die droë jare, sodat mielies in die daaropvolgende jaar weer aangeplant kan word.

Volgens Brink is daar van hul proefkultivars wat baie goed in droë en nat toestande vaar. Danksy die proefperseel kan saadmaatskappye voortgaan om proefsaad aan te plant om vas te stel watter kultivars nog goed kan presteer.  

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan brinkjohan9@gmail.com. – Christal-Lize Muller, AgriOrbit

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam...

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Strategies for managing seasonal infertility in pigs

Estimated reading time: 7 minutes The phenomenon of seasonal infertility among pigs is real,...

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...