Laeveld Agrochem wou ’n oplossing vind vir twee uitdagings. Eerstens is dit nie ideaal om op ’n openbare forum waardevolle kennis en geleenthede aan boere oor te dra nie. “Suid-Afrika se boerderygemeenskap is per definisie gefragmenteer en gespesialiseerd, en ’n mens wil natuurlik ook nie jou geheime aan die kompetisie weggee nie.” Dit raak ook al hoe meer van ’n uitdaging om ’n vars platform te skep vir die oordrag van inligting en werklik by die boer uit te kom met dié inligting.

Die tweede uitdaging is dat boere ’n magdom hindernisse in die gesig staar, en ’n geleentheid gebied moet word om uit hulle gewone omgewing te kan wegbreek, om sodoende ’n vars perspektief te verkry om hierdie uitdagings te kan aanpak.

Die oplossing? ’n Bootreis natuurlik!

Hoe anders skep jy ’n eksklusiewe, opwindende ervaring buite die norm, maar bewerkstellig jy ook ’n gekonsolideerde platform waardeur die maatskappy optimale waarde oor ’n verskeidenheid aangeleenthede aan ’n spektrum van boere kan lewer?

“Ons het besef ons moet absoluut geteiken en relevant wees vir enige boerdery – en natuurlik een tree voor die jongste ontwikkelinge,” sê Corné Liebenberg, bemarkingsbestuurder van Laeveld Agrochem.

Laeveld Agrochem het al dié veranderlikes gekombineer deur ’n luukse passasierskip te reël. Onder die vaandel van die naam Seil-Safari, vaar die skip vanaf 9 tot 13 April vanaf Durban na die Portugese Eilande en dan Pomene in Mosambiek. Die gaste aan boord? Suid-Afrika se boere wat vooruit wil boer en hulle gesinne. Dié gaste sal deurlopend óf ingelig óf vermaak word.

Een van die grootste trekpleisters is trouens die spesiaal geselekteerde aktiwiteite wat aanboord gaan plaasvind. “Daar gaan ’n magdom unieke gebeurtenisse wees – vanaf ’n revolusionêre produkbekendstelling tot ’n skouspelagtige vuurwerkvertoning op die eiland.”

Nog ’n trekpleister is die vlak van persoonlike kontak tussen boere en die onderskeie deskundiges wat bewerkstellig sal word. “Ek sien uit na ’n ongelooflike sinergie,” sê Liebenberg. Daar sal ook gevorderde navorsing uit lande soos Amerika en Nederland met gaste gedeel word.

Leer én ontspan

Terwyl die landbou-aktiwiteite op die program en die deel van kennis ’n baie belangrike deel van die avontuur is, sal daar ook baie vermaak gebied word om seker te maak dat almal lekker ontspan. Dit sluit in gaskunstenaars uit, onder meer, Afrikaans is Groot en Classics is Groot. Ou bekendes kuier ook saam, soos die Trippel A’s, Andries Vermeulen van Oppiestoep-faam, Lientte Bear met haar bekende aanbieding oor kleure, en Brett Archibald, wat 27 ure water moes trap nadat hy oorboord geval het, wat sy ervaring deel.

“Dis ’n wen-wen situasie,” is Liebenberg se slotsom. “Boere is ywerig om te leer, en hulle gaan baie leer. Terselfdertyd is Seil-Safari ’n geleentheid om te ontspan.

Spaar op die koop toe

Laeveld Agrochem se hoofvennoot in dié onderneming is Toyota SA. “Toyota het ’n spesiale aanbieding saamgestel wat boere die geleentheid sal gee om afslag van heelwat meer as die reiskoste van die Seil-Safari op ’n nuwe bakkie te kry,” verduidelik Liebenberg. “Dit is iets wat die ouens nie as individue op hulle onderskeie dorpe sou kon beding nie.”

Nog ’n manier waarop gaste meer as hulle reisgeld sal verhaal, is ’n BTW-verhalingsadviesdiens wat reeds vir talle boere honderde duisende en soms selfs miljoene rande gespaar het. Kan hulle jou niks bespaar nie – wel, dan is jou reis verniet!

Kom skop jou skoene uit saam met Laeveld Agrochem en vaar die toekoms van landbou in.

Vir alles wat jy oor die Seil-Safari moet weet, besoek www.seilsafari.co.za. Jy kan ook die organiseerders skakel by 076 814 2826 of 066 359 1439, of ’n e-pos stuur na admin@namast.co.za of info@laeveld.co.za

Laeveld Agrochem gooi anker op Grootplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY