Die kopers en verkopers van die rooi bul wat vir die hoogste prys verkoop is. Van links is Bernard en Annalize Haasbroek, telers, en Polla en Willem Avenant van Vryburg, kopers.

Die Brangus SA nasionale veiling, wat op 10 Augustus 2017 in Harrismith gehou is, was ’n groot sukses. Die rooi bul BVN 12-22, wat deur Bernard en Annalize Haasbroek van Bothaville geteel is, is vir die hoogste prys van R200 000 verkoop. Die gemiddelde prys vir rooi bulle was R62 410, terwyl die swart bulle teen ’n gemiddelde prys van R54 800 verkoop is.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys rooi bul: R200 000
  • Gemiddelde prys rooi bulle: R62 410
  • Gemiddelde prys swart bulle: R54 800
  • Hoogste prys swart koei met kalf: R26 000
  • Gemiddelde prys rooi koeie met kalwers: R28 000
  • Gemiddelde prys rooi verse: R14 750
  • Gemiddelde prys rooi dragtige verse: R26 375
  • Gemiddelde prys rooi dragtige koeie: R20 333

Aangebied deur: BKB Louwid

Afslaer: Andrew Miller

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY