Estimated reading time: 6 minutes
Brandsiekte onder kleinvee kan groot skade aanrig as dit nie voortydig behandel word nie. Dr Andries Lategan van Bultstraat Dierekliniek op Upington, werk dikwels met skape wat hierdie probleem ontwikkel en Veeplaas het daarom by hom gaan kers opsteek.
Hy sĂȘ brandsiekte is ân veltoestand wat deur ân uitwendige parasiet, Psoroptes communis ovis, veroorsaak word. DiĂ© brandsiekmyt lewe, voed en produseer op die vel, tussen die wol en hare van skape. Dit veroorsaak ân hewige irritasie en die skaap ervaar ân jeuksensasie wat veroorsaak dat die dier homself krap en byt, totdat sigbare letsels op die vel voorkom.
Skaapbrandsiekte bring mee dat die skape voortdurend ongemaklik en rusteloos is, en oor die algemeen swak presteer.
Oordraagbaarheid
Soos die Afrikaanse gesegde lui, steek een brandsiek skaap inderdaad die hele trop aan. Volgens dr Lategan is brandsiekte hoogs aansteeklik. Dit word hoofsaaklik deur direkte en indirekte kontak oorgedra.
Lees meer oor die uitbreking van brandsiekte in die Noord-Kaap.
âSamedromming van skape is een van die groot sondaars. Dit kom veral voor wanneer diere gekraal word, op vragmotors vervoer word, in voerkrale of lamhokke gevoer word, of by veilings en skoue bymekaarkom. Wanneer grensheinings nie dig is nie en skape deurkruip, of wanneer skape voortdurend teen draadheinings skuur, versprei die brandsiekmyt maklik van een plaas na die volgende,â verduidelik hy.
âSkape is nuuskierige diere en omdat die abnormale optrede van die aangetasde dier ân ander dier se belangstelling sal prikkel, sal hy aan diĂ© dier kom ruik en sodoende kan die siekte dan oorgedra word. Die myte klim maklik van een skaap na ân volgende oor. Dit is omdat hul pootjies se punte in suiertjies eindig, terwyl beter vasklouvermoĂ« deur los haartjies op sommige pootjies verleen word.â
Indirekte oordrag kom voor wanneer skeerders, skaaphonde, ander plaasdiere, skaaphanteerders en wol en velle van positiewe diere, met gesonde diere in aanraking kom.
Lewensiklus van die parasiet
Dr Lategan sĂȘ die volle lewensiklus van brandsiekmyte word op die skaap se vel deurgebring en voltooi. Onvolwasse wyfies vervel na volwasse wyfies nadat paring plaasgevind het. Bevrugte wyfies lĂȘ sowat vyf eiers per dag en kan tot soveel as 100 eiers in totaal lĂȘ. Eiers broei binne drie dae uit en na nĂłg drie dae word die larfstadium bereik. Na ân verdere drie dae word die nimfstadium bereik, waartydens die volwasse myt dan binne drie dae ontwikkel.
Myte grawe nie in die vel in nie, maar byt wel die vel, wat vogproduksie uit die vel veroorsaak. Dit is hierdie vog waarop alle stadia van myte voed.
âDie bytplekke veroorsaak ân velontsteking wat vererger word deur krap- en bytprosesse. Hierdie ontsteking produseer nĂłg meer vog wat as korse en skubbe op die letsel voorkom,â verduidelik hy.
Simptome van brandsiekte
Simptome is net in die winter pertinent. Die meeste parasiete gaan in die somer deur ân rusfase, met geen sigbare simptome aanwesig nie.
Dr Lategan sĂȘ die gevolg van die jeuksensasie wat deur die bytplekke veroorsaak word, is dat die skaap die aangetaste areas skuur, vryf en byt. Hare of wol word uit die letsels getrek, wat kaal kolle agterlaat. DiĂ© wol of hare kan op die skaap se tande gesien word en dit word ook oral op voorwerpe, drade, heinings, bosse en pale waargeneem.
Die kaal kolle word bedek met korse of skubbe as gevolg van die vog weens die ontsteking en kan vinnig groter word met myte wat voortdurend na die kant van die letsel verskuif en daar floreer. Vars letsels gee ân glinsterende, smetterige, nat voorkoms en korse ontwikkel eers na vyf of ses dae. Ou letsels vertoon droĂ«r en dopperig, en skilfers kan voorkom.
âIn wolskape is die smetterige letsel meer algemeen en letsels kom op die skouers en lieste van die dier voor. In haarskape vertoon die letsels droog en die verspreiding is meer na die dier se stert en rug.
âAs skape aangejaag word, verhoog dit hul liggaamstemperatuur, wat die parasiet meer aktief maak. Die krap- en bytsimptome van die skape raak dan meer opvallend.â
Behandeling
Hy sĂȘ die behandeling van die toestand is eenvoudig en doeltreffend, maar die geheim lĂȘ daarin dat alle diere behandel moet word. Herbesmetting moet tot elke prys vermy word.
âVerskeie inspuitbare teenparasietmiddels is beskikbaar. Die meeste van die middels is geregistreer om doeltreffend met ân eenmalige behandeling te wees. Verskeie dipsoorte is beskikbaar en teen die korrekte sterkte en met die regte metode sal hierdie behandeling ook die verlangde uitwerking hĂȘ,â sĂȘ dr Lategan.
Omdat die siekte hoofsaaklik in die winter voorkom en baie lammers dan by die ooie loop, raai hy kleinveeprodusente aan om inspuitbare behandelings te gebruik in plaas van die kouewaterdipmetode. âDie gebruik van laasgenoemde metode in die winter kan sekondĂȘre lugweginfeksies veroorsaak en ooie kan hul lammers weggooi,â verduidelik hy.
Voorkoming
ân Paar algemene beginsels moet nagekom word om verspreiding van die siekte te keer:
- Grensheinings tussen plase behoort volledig dig gehou te word.
- Die aankoop van diere met ân twyfelagtige herkoms behoort vermy te word.
- Geen nuwe dier behoort op ân plaas vrygelaat te word sonder ân volledige kwarantyntydperk nie. Moderne biosekuriteit raak in hierdie opsig al hoe belangriker.
- Die algemene beleid op elke plaas behoort hierdie kwarantyntydperk in te sluit. In hierdie tydperk kan alle inentings, doserings en behandeling gedoen word. Behandeling van brandsiekte, selfs sonder enige simptome, moet ook deel van dié beleid te wees.
- Dit is ân goeie beginsel om in die wintermaande ten minste een maal ân inspuitbare uitwendige parasietbeheermiddel toe te dien.
âDie plig en verantwoordelikheid om enige verdagte veltekens of ander simptome van brandsiekte by die staatsveearts aan te meld, rus op almal se skouers. Die staat sal verder oorneem en die siekte met spesifieke voorwaardes beheer.
Stigmas en swak bestuur stook die skaapbrandsiekte-vuur
âPositiewe plase (sowel as buurplase) word onmiddellik onder kwarantyn geplaas en alle diere word onder staatstoesig behandel. Dit word twee keer gedoen met ân tussenpose van sewe tot tien dae. Die kwarantynstatus word sowat ses weke nĂĄ die laaste behandeling en nadat ân negatiewe inspeksie uitgevoer is, deur ân beampte van die staatsveearts se kantoor opgehef,â verduidelik dr Lategan. â Koos du Pisanie, Veeplaas
Vir meer inligting, skakel dr Andries Lategan by 082 788 2448.