tick control

Met die wildbedryf wat deesdae ’n aanloklike opsie vir uitbreiding is, wil al hoe meer boere wat uitbrei, hul boerderye aanvul met ’n wildvertakking of algeheel oorskakel na wild.

Read it in English.

Saam met wild kom unieke uitdagings, maar baie konsepte wat in die veebedryf van toepassing is, kan na wildboerdery deurgetrek word. ’n Algemene uitdaging wat wildboere in die gesig staar, is die beheer van parasiete en veral bosluise.

Ontwrigting van natuurlike toestand

Hoewel wild in hul natuurlike habitat aangepas is om in balans met parasiete te oorleef, is die natuurlike toestand ontwrig deur ’n verskeidenheid faktore:

  • Die aanhou van wild in ’n onnatuurlike habitat. ’n Voorbeeld is gemsbokke en springbokke (wat aangepas is vir droë omstandighede) wat na ’n bosveldstreek verskuif word.
  • Oorskryding van die drakrag van die veld met die aanhou van te veel wildspesies per vierkante meter.
  • Gepaardgaande oorbeweiding, wat tot gevolg het dat die weidingsgehalte en -hoeveelheid afneem, asook dat wild se kondisie en immuniteit verswak.
  • Die beperking van die natuurlike migrasiepatrone van diere, wat verhoed dat hulle kan wegbeweeg van probleemgebiede en parasiete sodoende op dié weiding vermeerder.
  • Die voorkoming van natuurlike seleksie. Diere met lae immuniteit en gevolglik ’n swaar bosluislas sou natuurlik die swakker individue gewees het wat deur roofdiere gevang is. Dié swakker diere se genetika word nou voortgesit.

Swaarder bosluislas

As gevolg van bogenoemde faktore word gevind dat die bosluislas op wild swaarder word. Twee bosluise speel veral ’n belangrike rol – die bontbosluis en die bruinoorbosluis. Beide kom in die noordelike en oostelike gedeelte van die land voor, asook suidwaarts langs die kus af.

Hulle word meestal in bosagtige of bosveldbiome gevind. Hulle is sensitief vir ryp en droogte, en kom dus nie in die koue en baie droë gedeeltes van Suid-Afrika voor nie. Onthou egter dat klimaatsverandering en die rondskuif van diere bosluise na nuwe gebiede bring.

Boere word weens verskeie redes genoodsaak om in te gryp:

  • Bontbosluise veroorsaak groot wonde, sekondêre bakteriële infeksies en maaier-besmetting (spykerwurm). Dié bosluis kan ook hartwater oordra en spesies wat nie by bosveldtoestande aangepas is nie, is veral vatbaar vir hierdie siekte.
  • Bontbosluise heg aan haarlose areas om die anus, testes, skede, uier en spene. Die skade wat hulle aanrig, kan reproduksieverliese tot gevolg hê.
  • Bruinoorbosluise is verantwoordelik vir bloeiende oor-sindroom en kan veroorsaak dat wild hul oorskulpe heeltemal verloor. Die diere is dan vatbaar vir sekondêre bakteriële infeksies en spykerwurm-besmetting. Dié bosluis dra die Theileria-parasiet oor. Theileriose kom as ’n draerstatus voor by sekere wildspesies en kan aan beeste oorgedra word. Dit kan ook korridorsiekte veroorsaak.
  • ’n Algehele afname in produksie en diere se kondisie lei tot swak produksieprestasie.

’n Nuwe wapen

’n Opwindende produk wat hierdie probleme oorkom, is nou kommersieel beskikbaar. Afrivet Redline Acaricidal Balls is balletjies wat flumetrien (soortgelyk aan die aktiewe bestanddeel van Coopers Redline-opgietmiddel) bevat. Flumetrien maak bosluise dood en steriliseer bosluiswyfies sodat eiers nie gelê kan word nie.

Afrivet Redline Acaricidal Balls is beskikbaar in twee sterktes, naamlik 5% en 10%, vir die behandeling van bosluise op verskillende groottes wild. Die balletjies bevat ’n kleurstof sodat diere wat behandel is, geïdentifiseer kan word. Die 5%-middel bevat ’n rooi kleurstof en die 10%-middel ’n groen kleurstof.

Die balletjies word met ’n merker (“paintball-geweer”) aangewend van ’n maksimum afstand van 60 meter. Kolbehandeling kan toegepas word deurdat die bal óf op die nek geplaas word vir spesifiek bruinoorbosluisbeheer óf op die agterkwart vir bontbosluisbeheer. ’n Hoër dosis kan gebruik word vir vollyfbosluisbeheer.

Tabel 1: Aanbevole dosis van Afrivet Redline Acaricidal Balls.

Totale beheer Kolbehandeling
Dier se gewig 5% 10% 5% 10%
65-125kg 1
125-250kg 2 1 1
250-500kg 1/125kg 2 1
>500kg 1/250kg

 

Omgewingsvriendelike produk

Afrivet Redline Acaricidal Balls is aasvoël- en renostervoël-versoenbaar. Die jel-kapsule waarin die flumetrien verpak is, is ’n omgewingsvriendelike jel wat afbreekbaar is in die omgewing.

Afrivet Redline Acaricidal Balls is nou beskikbaar by die naaste koöperasie of deur jou plaaslike Afrivet-agent. Merkers vir die aanwending van die balle word ook deur Afrivet verskaf en kan deur koöperasies bekom word. – dr Sumari Potgieter, Afrivet

Vir meer inligting besoek www.afrivet.co.za of kontak 012 817 9060.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY