Monday, December 15, 2025

Bonsmara SA beplan vir ’n vol 2025

Estimated reading time: 3 minutes

Aan die einde van 2024 kon Bonsmara SA met trots terugkyk op ’n baie besige, maar uiters suksesvolle jaar waarin 60 jaar se bestaan gevier is.

Die Bonsmara Classic, die jaarlikse Rooi Geleentheid en nasionale veiling wat weereens rekordpryse opgelewer het, was maar die begin van ’n jaar waarin die genootskap se telers weer bewys het waarom die ras ná 60 jaar steeds die gesogste ras in Suider-Afrika is.

Verskeie toekennings

Ons telers het tydens die SA Stamboek Elite-streekstoekennings uitstekend gevaar met drie Platinum-wenners en vyf streekswenners. In die Dubbelgoud- en Goudkategorie was 55% van die ontvangers Bonsmara-telers. In die Silwer- en Bronskategorie was 35% van die ontvangers Bonsmara-telers.

Hierdie prestasies is bevestig met ’n uitstekende veilingsjaar waarin ons diere op 111 produksieveilings aangebied is en uitstekende verkope plaasgevind het.

Die feit dat kommersiële telers steeds bereid is om in die Bonsmara te belê in tye waarin die bedryf onder geweldige druk is, wys dat hierdie produsente volhoubare besluite vir die toekoms neem om te verseker dat hul boerderye se veekomponent oor die lang termyn suksesvol sal wees.

Vooruitsigte vir 2025

Die volgende 60 suksesvolle jare begin natuurlik in Februarie 2025 wanneer die eerste produksieveilings afskop.

Maart is oudergewoonte weer Bonsmara-maand met ’n vol program op 17, 18 en 19 Maart. Op 17 Maart word die tweede Bonsmara Classic op die pragtige Vaal de Grace-gholflandgoed in Parys aangebied. Ons sien daarna uit om weer al ons landbouvennote in die bedryf daar byeen te bring.

Op 18 Maart vind Bonsmara SA se hoof besluitnemingsgeleentheid plaas. Dit sal bestaan uit ons kommunikasie-oggend en algemene jaarvergadering vir telers wat van regoor die land kom.

Die groot veiling

Die middag van 18 Maart is dit weer tyd vir groot opwinding en die verrigtinge begin met die voorveilingsinspeksie wat plaasvind om te verseker dat slegs die beste diere in die bedryf, op 19 Maart by Bonsmara SA se nasionale veiling in die Afridome in Parys aangebied sal word.

Die oggend van 19 Maart geniet ons weer uitstekende sprekers soos die internasionale beeskenner, PJ Budler, tydens die Bonsmara SA Rooi Geleentheid by Stonehenge River Lodge. Tydens hierdie hoogtepunt op die landboukalender, sal ons weer ‘n oorsig geniet van nie slegs die probleme en uitdagings in ons bedryf nie, maar ook die geleenthede wat ontwikkel en bestaan.

Wat die res van 2025 betref is daar weer ’n propvol program met meer as 100 produksieveilings wat regoor die land sal plaasvind, verskeie klubgeleenthede, opleidingsdae, boeredae en dies meer. Ons nooi graag ieder en elk in die landboubedryf om betrokke te raak en 2025 ’n suksesvolle jaar vir die Suid-Afrikaanse beesprodusent te maak. – Louis Steyl

Must read

Agri X Fusion 2026 to align research and industry for the future of South...

Estimated reading time: 2 minutes Agri X, in partnership with the North-West University (NWU), will host the Agri X Fusion Red Meat Value Chain Event...

RSG Landbou: 15 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr...

LandbouRadio: 15 Desember 2025

In Maandag, 15 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na 'n die volgende: Prof Charlie Reinhardt, navorser oor onkruid en hul beheer, vertel meer oor...

Samic: Protector of red meat quality

Estimated reading time: 5 minutes If you thought the South African Meat Industry Company (Samic) is just about carcass competitions, think again. The company’s primary...

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...