Bokhaarpryse het verder gestyg op die tweede veiling van die 2018 somer-verkoopseisoen. Die aanbieding het uit goeie gehalte sybokhaar-skeersels bestaan, waarvan 99,7% van die aanbieding verkoop is. Kopers het sterk meegeding vir die goeie gehalte bokhaar wat aangebied is, ondanks die sterker rand. Die rand het met 1,4% teenoor die Amerikaanse dollar versterk teenoor die vorige veiling en het teen R11,72 verhandel.

Read it in English. 

Die gemiddelde markaanwyser het 2,1% hoër gesluit op R252,25/kg in vergelyking met die vorige veiling. Dit is 36,6% hoër as die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen. Gemiddelde pryse van kleinbokhaar het 3,9% hoër gesluit teen R338,54/kg, terwyl jongbokhaar 2,6% hoër verhandel het teen R288,99/kg. Fyn grootbokhaar was 4,7% duurder op R266,10/kg, en sterk grootbokhaar het 1,8% duurder verhandel teen R249,75/kg.

Die derde veiling van die 2018 somer-verkoopseisoen sal op 20 Maart 2018 plaasvind. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY