Die bokhaar mark het verder verstewig op die tweede laaste veiling van die winter seisoen, ten spyte van ’n sterker wisselkoers.

Read it in English.

Goeie kompetisie tussen kopers was duidelik sigbaar, veral op goeie gehalte lotte en die gemiddelde mark aanwyser het met 3,6% gestyg om op R234/kg te sluit. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 4,1% gestyg na R304,83/kg, jongbokhaar het ook 4,1% duurder verhandel teen R262,85/kg. Fyn grootbokhaar was 4,8% duurder op R247,96/kg en sterk grootbokhaar was 2,8% duurder op R231,31/kg.

Die laaste veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 5 Desember 2017. – Markverslag

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY