Die bokhaar mark het verder verstewig en verkope van alle tipes bokhaar was goed op die vyfde veiling van die winterseisoen. Die Rand het met 5,7% gedaal teenoor die Amerikaanse Dollar en het teen R14,20 verhandel.

Read it in English.

Goeie kompetisie tussen kopers vir goeie gehalte spinner tipes was sigbaar en die gemiddelde markaanwyser het met 6% verbeter om op R225,92/kg te sluit. Die mark verhandel amper 20% duurder as die eerste veiling van die 2017 winter verkoopseisoen. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 3,6% gestyg na R292,91/kg terwyl jongbokhaar 6,1% duurder verhandel het teen R252,41/kg. Fyn grootbokhaar was 5% duurder op R236,63/kg en sterk grootbokhaar was 5,9% duurder om teen R225,05/kg te verhandel.

Die volgende veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 21 November 2017. – Markverslag

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY