Die bokhaar mark het verder verstewig en verkope van alle tipes bokhaar was goed op die vierde veiling van die winter seisoen. Die Rand het met 0,8% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar en teen R13,43 verhandel.

Read it in English.

Goeie kompetisie was van alle kopers ontvang en die gemiddelde mark aanwyser het met 5% verbeter om op R213,34/kg te sluit. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 4,2% gestyg na R282,80/kg, terwyl jongbokhaar 4,9% duurder verhandel het teen R237,99/kg. Fyn grootbokhaar was 5,7% duurder op R225,39/kg en sterk grootbokhaar was 5,5% duurder en het om teen R210,62/kg te verhandel.

Die volgende veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 7 November 2017. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY