Die bokhaar mark was onveranderd met die laaste veiling van die 2017 verkoopseisoen en die markaanwyser het op R233,94 gesluit, ten spyte van ’n sterker wisselkoers.

Read it in English.

Kompetisie tussen kopers was goed en amper 100% van die 90 249kg wat aangebied is, is verkoop. Die effense daling in kleinbokkiehaar kan meestal toegeskryf word aan die aanbieding wat hoofsaaklik korter en sterker was.

Die mark het met 24% gestyg vanaf die openings veiling van die winter verkoopseisoen.

Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 3,1% gedaal na R295,50/kg, jongbokhaar was basies onveranderd teen R260,61/kg. Fyn grootbokhaar was ook onveranderd op R248,59/kg en sterk grootbokhaar was 1,3% duurder op R234,30/kg. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY