Bo-baas bakkers word op Nasionale Melktertdag beloon

Estimated reading time: 2 minutes

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Oos-Kaap het hande gevat met Crickley Dairies en Jeffreysbaai-toerisme om op 27 Februarie Nasionale Melktertdag saam met dosyne bobaas-bakkers van die Kouga-streek te vier.

Die geleentheid het by Unwind, ‘n restaurant in Jeffreysbaai, plaasgevind waar die beste melkterte in drie verskillende kategorieë aangewys is. Die kompetisie was daarop gemik om bewusmaking van die suiwelbedryf te skep en om die gebruik van suiwelprodukte by verbruikers aan te moedig.

Die persone wie se melkterte vir die kompetisie ingeskryf is, is volgens Anri Wolmarans, MPO-streeksbestuurder, Oos-Kaap, bobaas bakkers wie se handewerk en vernuf die beoordelaars se wildste verwagtinge oorskry het. Die beoordelaars was Fred Klemp van die Viswijf Restaurant in Jeffreysbaai, Erenskia Gouws van Infood in Jeffreysbaai, Hannes Cilliers van Bloekomlaan Boerdery, en Christelle Strachen van Crickley Dairies. “Die beoordelaars het ‘n baie moeilike taak op hande gehad, omdat al die ingeskrewe produkte van hoogstaande gehalte was,” sê Anri. “Maar op die ou end is elke kategorie se wenner aangekondig.”

melktertdagmelktertdagmelktertdagmelktertdagmelktertdag

Lees meer oor laas jaar se nasionale melktertdag-vieringe hier.

Die pryse wat aan die wenners oorhandig is, is deur Crickley Dairies, Seashells Accommodation, Viswijf Restaurant en Kitchen Windows Restaurant geborg.

Vir meer inligting oor die MPO se insette in die suiwelbedryf, of om meer van die melktert-kompetisie te wete te kom, kontak Anri Wolmarans by 064 934 3951 of ec@mpo.co.za. – Carin Venter, AgriOrbit

Popular stories