Estimated reading time: 2 minutes
Bloemskou 2023 – 140 jaar word gevier van 27 April tot 6 Mei 2023. Die tema vir vanjaar se Bloemskou is “Party Time”. Na ’n suksesvolle skou in 2022, ten spyte van uitdagings en Covid-19-regulasies, is die beplanning vir Bloemskou 2023 reeds volstoom aan die gang.
Besoekers kan onder andere uitsien na 22 landboukampioenskappe, wat ook ’n streeksrondte van die Toyota SA Jong Afslaerskompetisie op insluit. Dié geleentheid sal op 1 Mei by die skou plaasvind. ’n Verskeidenheid buite-uitstallers, lekker kos- en kuier-areas, en ’n splinternuwe aanslag op ons binne-uitstallers is ook op die program. Uitstalsale is in segmente verdeel wat verskillende teikenmarkte aanspreek, waar die fokus op kwaliteit en verskeidenheid is.
Klik hier om meer van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie te leer.
Verbasend anders
Uitstallerskategorieë sluit die volgende in:
- Omgewingsvriendelike oplossings, tuine en landskapsargitektuur.
- Sonkrag- en water-oplossings.
- Tegnologie, elektroniese en klanktoerusting.
- Dekor.
- Kombuise, badkamers en slaapkamers.
- Meubels en kuns.
- Buitelewe, kamp en doen-dit-self.
- Klere, skoene en baadjies.
- Bybehore en handsakke.
- Hare en skoonheid.
- ‘Gaming’.
Dan is daar natuurlik die tradisionele fokus op kinders, sowel as heerlike kos, drinkgoed, eetgoed, koffie, jenewer, bier en alles wat lekker is.
As jou besigheid wil deel wees van hierdie besondere geleentheid in die Vrystaat, maak seker jy loop dit nie mis nie. Uitstalruimtes is reeds beskikbaar. Doen gerus aansoek by www.bloemskou.co.za en voltooi die aanlyn aansoekvorm.
Deel gerus ook jou betrokkenheid en staaltjies van Bloemskou oor die afgelope 140 jaar met ons by info@bloemskou.co.za. Tien gelukkige deelnemers sal elk ’n skoukaartjie wen.
Vir meer inligting, kontak 051 448 9894 of besoek www.bloemskou.co.za. – Persverklaring, Bloemskou