Estimated reading time: 2 minutes
Moenie volgende jaar se Bloemskou misloop nie. Ons vier volgende jaar vanaf 27 April tot 6 Mei, 140 jaar in die skoubedryf, met die tema “Party Time”.
Ná ʼn suksesvolle 2022 Bloemskou, ten spyte van uitdagings en Covid-19-regulasies, is beplanning vir Bloemskou 2023 reeds volstoom aan die gang.
Lees meer oor die 2022 Bloemskou hier.
Ons gaan besoekers verras met ʼn program vol vermaak, 22 landboukampioenskappe, ʼn verskeidenheid buite-uitstallers, lekker kos en kuier-areas, en ʼn splinternuwe aanslag op ons binne-uitstallers.
Uitstalsale is in segmente verdeel wat verskillende teikenmarkte aanspreek en daarom is die fokus is op kwaliteit en verskeidenheid. Dis verrassend anders!
Kategorieë vir uitstallers sluit die volgende in:
- Omgewingsvriendelike oplossings, tuine en landskapsargitektuur.
- Sonkrag- en wateroplossings.
- Tegnologie, elektroniese en klanktoerusting.
- Dekor.
- Kombuise.
- Badkamers.
- Slaapkamers.
- Meubels en kuns.
- Buitelewe.
- Kamp en DIY.
- Klere.
- Skoene.
- Baadjies.
- Bybehore.
- Handsakke.
- Hare en skoonheid.
- Motors en motorbybehore.
Dan is daar natuurlik die tradisionele fokus op kinders, sowel as heerlike kos, drinkgoed, eetgoed, koffie, jenewer, bier en alles wat lekker is.
As jou besigheid wil deel wees van hierdie besondere geleentheid in die Vrystaat, maak seker jy loop dit nie mis nie. Uitstalruimtes is nou beskikbaar. Doen gerus aansoek by www.bloemskou.co.za en voltooi die aanlyn aansoekvorm.
Ons skou uit die gemeenskap, vír die gemeenskap. Deel gerus ook jou betrokkenheid en staaltjies van Bloemskou oor die afgelope 140 jaar met ons by info@bloemskou.co.za. Tien gelukkige deelnemers sal elk ’n skoukaartjie wen.
Vir meer inligting kontak 051 448 9894 of besoek www.bloemskou.co.za – Persverklaring, Bloemskou