Die nuwe Hoëveld Veilingsentrum wat onlangs in die Delmas/Standerton-omgewing opgerig is, bring hoop vir dié streek se veeboere. Die opening van die sentrum in September vanjaar, bring saam met die lente ook ’n nuwe begin vir die veebedryf in die Hoëveld. Die sentrum is ‘n gesamentlike oefening deur vooraanstaande veilingshuise en spreek van samewerking en ‘n gemeenskaplike doelwit. Plaas Media het die geleentheid bygewoon en met dr Cobus Oberholster, hoofbestuurder Lewendehawe, Eiendomme en Afslaersdienste by BKB, gesels.
Wie is BKB?
#Verhoog verdienste. By BKB is daar vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart vooropgestel.
Hierdie potgooi word aan jou gebring deur BKB. Besoek hulle webwerf hier.