BKB noteer op CTSE
Van links, Jannie van Niekerk, finansiële direkteur, BKB, Geoff Kingwill, voorsitter BKB, Johan Stumpf, besturende direkteur: BKB Groep en Eugene Booysen, hoof uitvoerende beampte, Cape Town Stock Exchange

Estimated reading time: 2 minutes

Die BKB Groep het vanoggend op die beurs wat deur die Kaapstadse Aandelebeurs Eiendoms Beperk (CTSE) bedryf word, genoteer. Johan Stumpf, besturende direkteur: BKB Groep, het gesê BKB se aandele was lank in die openbaar beskikbaar vir verhandeling. Tot nou was dit op ‘n privaatbasis tussen ‘n koper en verkoper, wat uitdagings gebring het, want die mark is nie so effektief soos wat dit is waar ‘n mens daagliks of minuut tot minuut kan sien wat aangebied en gevra word nie.

Klik hier om meer besonderhede te hoor oor die BKB groep se besluit om te noteer.

Hy het gesê die grootste rede waarom BKB noteer het, is om die maatskappy op ‘n platform te sit wat ‘n beter prysontdekkingsmeganisme inhet. Dit beteken aandelepryse en dit wat aangebied word, is daagliks beskikbaar. “Van vandag af gaan dit baie makliker wees om BKB-aandele te verhandel, wat ‘n likiditeit sal meebring en likiditeit op sy eie bring baie keer waarde vir ‘n aandeel.”

Kyk hier om die amptelike oomblik van notering op die beurs van die maatskappy te sien:

Stumpf het gesê die primêre rede is dus nie om enigsins kapitaal te gaan kry nie. Dit is maar net baie administratief van aard om die verhandeling van BKB se aandele te vereenvoudig. “Vir ons produsente en kliënte gaan dit eintlik geen effek hê nie. BKB se aandele is reeds baie lank beskikbaar en word gehou deur verskeie instansies en individue wat eintlik niks met landbou te doen het nie”, het Stumpf gesê. – Hugo Lochner, Plaas Media

Johan Stumpf het in Februarie ‘n draai in die Plaas TV-ateljee gemaak om in meer diepte te gesels oor die noteringsproses en hoe die waarde van die aandele bepaal gaan word. Klik op die skakel hieronder om die onderhoud te kyk:

https://www.agriorbit.com/bkb-op-kaapstadse-aandelebeurs/