Estimated reading time: 2 minutes
Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste punte behaal het, is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s in die Klipdale-omgewing. In die foto’s is die wenners van die spesiale klasse.
BKB was die hoofborg en Plaas Media was die mediaborg van die geleentheid.
Hier volg die uitslae:

Spesiale klasse
- Dirk Hanekom (tweede van links) van Korenhof Merino’s in die Klipdale-omgewing is die eienaar van die grootkampioenram. Van links is Danie van Deventer, ook van Korenhof Merino’s, Pierre Vlok van BKB en Sarel Oerson, hanteerder.
- Die eienaar van die grootkampioen-ooi is Johan Kotzé (middel) van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg. Saam met hom is Nico Klinck van Voermol, wat ook ‘n borg is, en Kurvin Roberts, hanteerder.
- Die eienaar van die beste paar (een ram en een ooi) is Manie Fourie van Oude Muragie Merino’s in Riversdal. Van links is Charles Pietersen, hanteerder, Marinelle en Manie Fourie, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioenooi met die beste wol is Johan Kotze (middel) van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg. Saam met hom is Stefan van der Westhuizen (links) van OVK, wat ook ‘n borg is, en Alfred Matiwane, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioenram met die beste wol is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s naby Klipdale. Voor, van links, is Pieter du Plessis van BKB, Danie van Deventer van Korenhof Merino’s, en Cohan Crouwkamp, hanteerder. Agter, van links, is Werner Olivier van BKB en Hanekom.
Ongeskeerde speenlammers: kortwol
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooilam (kortwol, liggewig) is André Christie-Smith van Kleiheuwel in Bredasdorp. Van links is Sjoerd Tencate van Feedtek, wat ook ‘n borg is, Stoffel Bantom, hanteerder, Christie-Smith, en Erick Saaiman, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe kampioen-ooilam (kortwol, middelgewig) is André Christie-Smith van Kleiheuwel in Bredasdorp. Van links is Jonas Saaiman, hanteerder, Christie-Smith, Deon de Jager van Livetrack, wat ook ‘n borg is en Erick Saaiman, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe kampioenooilam (kortwol, swaargewig, onder 55kg) is Adriaan Geldenhuys van Uitkyk in Riversdal. Van links is Kobus Gerber van Molatek, wat ook ‘n borg is, Dawid Franses, hanteerder, Geldenhuys en Charles Pieterse, hanteerder.
Ongeskeerde speenlammers, langwol
- Die eienaar van die kampioen-ramlam (langwol, ligggewig) is Henk Groenewald (links) van Angola Broers in Bredasdorp. Saam met hom is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, en Abraham Pietersen, hanteerder.
- Die eienaar van die reserwe-kampioenramlam (langwol, liggewig) is Adriaan Geldenhuys (links) van Uitkyk in Riversdal. Saam met hom is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, en Abraham Pietersen, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen-ramlam (langwol, middelgewig) is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s in Klipdale. Van links is Ernest Botha van Virbac, wat ook ‘n borg is, Hanekom, Nigel Africa, hanteerder en Danie van Deventer, ook van Korenhof Merino’s.
- Die eienaar van die reserwe kampioenramlam (langwol, middelgewig) is Adriaan Geldenhuys (middel) van Uitkyk in Riversdal. Saam met hom is Ernest Botha van Virbac, wat ook ’n borg is, en Charles Pietersen, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe kampioenramlam (langwol, swaargewig, onder 65kg) is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s in Klipdale. Van links is Hugo Lochner van Plaas Media, die mediaborg, Hanekom en Danie van Deventer van Korenhof Merino’s en Cohen Crouwkamp, hanteerder.
Geskeerde ooilammers, langwol
- Uysie Willemse (middel) van Goedeverwachting Merino’s naby Heidelberg in die Kaap is die eienaar van die kampioenooilam (langwol, liggewig). Saam met hom is Hannelet Jordaan, van BKB, die hoofborg, en Hendrik Cowen, hanteerder.
- Die eienaar van die reserwe kampioenooilam (langwol, liggewig) is Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s in Riversdal. Van links is Hannelet Jordaan van BKB, die hoofborg, Marinelle Fourie van Oudemuragie Merino’s, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen-ooilam (langwol, middelgewig) is Hennie Geldenhuys van Koringplaas in Riversdal. Van links is Hans Burger van Voermol, wat ook ‘n borg is, en Adriaan Geldenhuys.
- JA Saayman en Seun van Platkop Merino’s in Riversdal is reserwe kampioenooilam (langwol, middelgewig). Van links is Artho Saayman, Hans Burger van Voermol, wat ook ‘n borg, en Danie Gertse, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe kampioenooilam (langwol, swaargewig, onder 62kg) is Adriaan Geldenhuys van Uitkyk in Riversdal. Van links is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg was, Dawid Franses, hanteerder, Geldenhuys en Charles Pietersen (hanteerder).
Geskeerde ramlammers, kortwol
- Die eienaar van, Swellendam Kampioen-ramlam (kortwol, middelgewig) is Van As Broers. Van links is Danie Louw en Adam van As van Van As Broers, Frank Windvogel, hanteerder, en Hannelet Jordaan van BKB, die hoofborg.
- Henk Groenewald (regs), van Angola Broers in Bredasdorp, is die eienaar van die reserwe-kampioenramlam (kortwol, middelgewig). Saam met hom is Gavin September, hanteerder, en Hannelet Jordaan van BKB, die hoofborg.
- Die kampioen- en reserwe-kampioenramlam (kortwol, swaargewig, onder 78kg) behoort aan Johan du Plessis (middel) van Suiderkruis Merino’s naby Humansdorp. Die hanteerders is Hendrik Cowen (links) en Chris Smit.
Tweetand-ooie, kortwol
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooi (tweetand, liggewig) is Johan du Plessis van Suiderkruis Merino’s naby Humansdorp. Van links is Sumé Loubser van Feedtek, wat ook ‘n borg is, Pieter Hefke, hanteerder, Johan du Plessis en Kurwin Roberts, hanteerder.
- Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s by Riversdal is die kampioen-ooi (tweetand, middelgewig). Van links is Ernest Botha van Virbac, wat ook ‘n borg is, Marinelle Fourie van Oudemuragie Merino’s, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
- Die reserwe-kampioen-ooi (tweetand, middelgewig) behoort aan Kobus Uys (middel) van Patryskraal Merino’s by Bredasdorp. Saam met hom is Ernest Botha van Virbac, wat ook ‘n borg is, en Danie Morris, hanteerder.
- Uysie Willemse van Goedeverwachting Merino’s in Heidelberg is die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooi (tweetand, swaargewig, onder 72kg). Van links is Corné Serfontein, van Livetrack, wat ook ‘n borg is, Chris Smit, hanteerder, Mathy en Uysie Willemse en Hendrik Cowen, hanteerder.
Tweetand-ramme, kortwol
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenram (tweetand, liggewig) is Adam van As van Van As Broers in Swellendam. Van links is Gerhard van As, van Molatek, wat ook ‘n borg is, Jerry Lucas, hanteerder, Adam van As van Van As Broers, en Jan Jacobs, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioenram (tweetand, middelgewig) is Van As Broers in Swellendam. Van links is Danie Louw van Van As Broers, Christina Govender, van die hoofborg BKB, Adam van As van Van As Broers, en Frank Windvogel, hanteerder.
- JA Saayman en Seun van Platkop by Riversdal is die eienaars van die kampioen- en reserwe-kampioenram (tweetand, swaargewig, onder 104kg). Van links is Stoney Soko, hanteerder, Jacques le Roux van OVK, wat ook ‘n borg is, Artho Saayman en Daniel Gerste, hanteerder.
Viertand-ramme, kortwol
- Die eienaar van die kampioenram (tweetand, onder 114kg) is Dirk Hanekom (middel) van Korenhof Merino’s by Klipdale. Links is Danie van Deventer van Korenhof Merino’s, en Nigel Africa, hanteerder.
- Die reserwe-kampioenram (tweetand, onder 114kg) behoort aan Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s in Riversdal. Van links is Marinelle Fourie van Oudemuragie Merino’s, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
Geskeerde of ongeskeerde ooilammers
- Henk Groenewald (middel) van Angola Broers in Bredasdorp is die eienaar van die kampioenooilam (kortwol). Saam met hom is Gavin September, hanteerder en Nico Klinck van Voermol, wat ook ‘n borg is.
- JA Saayman en Seun van Platkop in Riversdal is die eienaar van die reserwe-kampioenooilam (kortwol). Van links is Nico Klinck, Voermol, wat ook ‘n borg is, Artho Saayman en Stoney Soko, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooilam (kortwol, middelgewig) is Brakfontein Merino’s in Heidelberg in die Kaap. Van links is Lollie de Jager van Brakfontein Merino’s, Kurwin Roberts, hanteerder, Boetie en Sinon de Jager van Brakfontein Merino’s en Pieter Hefke, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooilam (kortwol, middelgewig) is Brakfontein Merino’s in Heidelberg in die Kaap. Van links is Lollie de Jager van Brakfontein Merino’s, Kurwin Roberts, hanteerder, Boetie en Sinon de Jager van Brakfontein Merino’s en Pieter Hefke, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenooilam (kortwol, swaargewig, onder 66 kg) is Van As Broers in Swellendam. Van links is Jacques le Roux, OVK, wat ook ‘n borg is, Marno Robbertson, hanteerder, Adam van As van Van As Broers, en Jan Jacobs, hanteerder.
Geskeerde of ongeskeerde ramlammers
- Die kampioen- en reserwe-kampioenramlam (kortwol, liggewig) behoort aan Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s by Klipdale. Van links is Danie van Deventer van Korenhof Merino’s, Sarel Oerson, hanteerder, Pieter du Plessis van die hoofborg BKB, Hanekom, en Cohan Crouwkamp, hanteerder.
- Die kampioenramlam (langwol, liggewig) behoort aan Henk Groenewald (regs) van Angola Broers by Bredasdorp. Saam met hom is Jan Jacobs, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioen- en reserwe-kampioenramlam (kortwol, middelgewig) is Van As Broers in Swellendam. Van links is Sumé Loubser van Feedtek, wat ook ‘n borg is, Frank Windvogel, hanteerder, Danie Louw van Van As Broers, en John Jacobs, hanteerder.
- Die kampioen-ramlam (kortwol, swaargewig, onder 80 kg) behoort aan André Wessels van Schietpad Merino’s in Napier. Van links is Kitty Lourens van Schietpad Merino's en Jerry Simons, hanteerder.
Tweetand-ooie, langwol
- Die eienaar van die kampioen-ooi (tweetand, liggewig) is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s by Klipdale. Van links is Corné Serfontein van Livetrack, wat ook ‘n borg is, Danie van Deventer van Korenhof Merino’s, en Sarel Oerson, hanteerder.
- Johan Kotze (middel) van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg is die eienaar van die reserwe-kampioenooi (tweetand, liggewig). Saam met hom is Corné Serfontein van Livetrack, wat ook ‘n borg is, en Charles Pietersen, hanteerder.
- Die kampioenooi (tweetand, middelgewig) behoort aan Johan Kotze (middel) van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg. Saam met hom is Gerhard van As van Molatek, wat ook ‘n borg is, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
- Brakfontein Merino’s in Heidelberg is die reserwe-kampioenooi (tweetand, middelgewig) se eienaar. Van links is Gerhard van As van Molatek, wat ook ‘n borg is, Lollie, Boetie en Sinon de Jager van Brakfontein Merino’s, en Pieter Hefke, hanteerder.
- Die eienaar van die kampioenooi (tweetand, swaargewig, onder75 kg) is Johan Kotze (middel) van Korhaansrug Merino’s in Moorreesburg. Saam met hom is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, en Alfred Matiwane, hanteerder.
- Reserwe-kampioenooi (tweetand, swaargewig, onder 75 kg) behoort aan Brakfontein Merino’s in Heidelberg. Van links is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, Boetie en Sinon de Jager van Brakfontein Merino’s, en Kurwin Roberts, hanteerder.
Tweetand-ramme, langwol
- Die eienaar van die kampioenram (tweetand, middelgewig) is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s in Klipdale. Van links Danie van Deventer en Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s, en Sarel Oerson, hanteerder.
- Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s in Riversdal is die eienaar van die reserwe-kampioenram (tweetand, middelgewig). Van links is Marinelle en Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s, en Aubrey Pietersen, hanteerder.
- Die kampioenram (tweetand, swaargewig, onder 108 kg) behoort aan Adriaan Geldenhuys van Uitkyk by Riversdal. Van links is Adriaan en Jacobus Geldenhuys, Kobus Gerber van Molatek, wat ook ‘n borg is, en Charles Pietersen, hanteerder.
Viertand-ramme, langwol
- JA Saayman en Seun van Platkop Merino’s in Riversdal is die eienaar van die kampioenram (viertand, onder 117 kg). Van links is Jac Saayman van Platkop Merino’s, en Stoffel Bantom, hanteerder.
- Die reserwe-kampioenram (viertand, onder 117 kg) behoort aan Kobus Uys (links) van Patryskraal Merino’s in Bredasdorp. Die hanteerder is Klaas Morris.
- Die eienaar van die kampioenram (viertand, swaargewig) is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s by Klipdale. Van links is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, Danie van Deventer en Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s, en Nigel Afrika, hanteerder.
- Die reserwe-kampioenram (viertand, swaargewig) is Manie Fourie van Oudemuragie Merino’s in Riversdal. Van links is Marius Esterhuizen van Quantro Wools, wat ook ‘n borg is, Marinelle Fourie van Oudemuragie Merino’s en Aubrey Pietersen, hanteerder.
Veldaangepaste Merino’s floreer in die Karoo

Die Karooboer Stefan Naudé glo ’n mens se boerderypraktyke moet in orde wees om suksesvol te boer. Stefan boer op die plaas Skuilhoek in die Hanover-distrik, wat uit gemengde Karooveld bestaan.
Veeplaas het met Stefan oor sy boerdery gesels, vernaamlik oor die Geelbek Elite Merino-stoet, wat hy en sy broer, Eric Naudé van Leopardsvlei, gesamentlik besit.
Die Geelbek Elite Merino-stoet se skape word al vir meer as 75 jaar deur noukeurige waarneming en streng seleksie van die veld af geteel. Stefan en Eric se oupa, Fanie Naudé, het destyds saam met sy broer, Fransie, begin om vir ’n gladdelyf-tipe skaap te selekteer – ’n neiging wat toe nog nie deur enige ander produsente voorgestaan is nie.
“So het ons skape bekend geword vir hul gladde lywe, goeie bouvorm, vinnige aanpasbaarheid en uitstaande wol,” vertel Stefan. Hy voeg by dat Geelbek Merino’s se oorsprong van die plaas Geelbeksfontein in die Richmond-distrik is, waar sy oupa geboer het.