Tuesday, December 16, 2025

Beter vee, beter bedryf – dié week op Plaas TV


Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Die gewilde Bloemskou vind vanjaar van 25 April – 3 Mei plaas en nie minder nie as 23 kampioenskappe word tussen beeste, kleinvee en perde aangebied. Elmarie Prinsloo brei nou hieroor uit.
  • Au Albidus se derde versveiling is onlangs met groot sukses in Warmbad aangebied. Plaas TV het ook dié geleentheid bygewoon, en hier met ‘n paar rolspelers gesels:
  • Veediefstal bly een van die grootste uitdagings wat veeprodusente daagliks moet trotseer. Nie net ly produsente groot verliese nie, maar daar is ook ’n emosionele prys wat betaal word wanneer vee beseer word en jare se werk tot niet is. Veediefstal word egter dikwels nie aangemeld nie of korrekte prosedures word nie gevolg nie. Daarom is ‘n doeltreffende nasionale aanmeldstelsel, wat afsonderlik van die SA Polisiediens (SAPD) bedryf word, opgestel. Hierdie projek sal deur die Nasionale RPO bestuur word. Louis Wessels vertel ons nou meer.
  • Die derde jaarlikse Langspruit-Beesdag wat deur die Langspruit-boerevereniging op die Bieliemieliefeesterrein buite Reitz aangebied is, se tema was: “Sorg vir jou bul, en dan sorg hy vir jou”. Plaas Media se Izak Hofmeyr het hier met Francois Scholtz gesels.
https://youtu.be/xByrpR-Kpos

Must read

Chubby Chick: Verdagte aangekla vir dubbele moord

Estimated reading time: 3 minutes Die 73-jarige verdagte, wat verbind word met die Chubby Chick-skietvoorval vroeg in November, is steeds onder polisiebewaking in ’n hospitaal...

RSG Landbou – 16 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor handelsooreenkomste met Wolfe Braude van Agbiz en dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad bespreek die wenners...

Wheat farmers financially strained as Section 7 investigation looms

Estimated reading time: 5 minutes The Wheat Forum has applied for the establishment of a Section 7 Committee to conduct a comprehensive investigation into the...

Agri X Fusion 2026 to align research and industry for the future of South...

Estimated reading time: 2 minutes Agri X, in partnership with the North-West University (NWU), will host the Agri X Fusion Red Meat Value Chain Event...

RSG Landbou: 15 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr...