Koos Nel
Koos Nel

Enigeen kan onverwags met ’n ernstige siekte gediagnoseer word. Hoewel voorkomende stappe en die volg van goeie raad ’n mens se kanse verminder om met ’n ernstige siekte soos kanker, ’n beroerte of hartsiekte gediagnoseer te word, kan jy dit ongelukkig nie totaal voorkom nie. Dit kan hoë koste tot gevolg hê en daarom is dit belangrik om finansiële beskerming in die vorm van behoorlike siektedekking te hê.

Read it in English.

Waar om te begin

Onverwagse siekte kan ’n boer dwing om tydelik ’n blaaskans van sy/haar boerdery te vat of om sy/haar verantwoordelikhede aan iemand anders oor te laat tot hy/sy herstel het. Diegene sonder dekking vir gevreesde siektes, kan gedwing word om hul swaarverdiende geld te gebruik om te oorleef totdat hulle weer gesond genoeg is om hul verantwoordelikhede te hervat.

’n Tipiese reis na herstel het hoofsaaklik vier fases, wat almal baie geld vereis.

Fase 1: Diagnose

Gedurende hierdie fase sal ’n mens verskeie mediese toetse ondergaan om die probleem te identifiseer. Selfs al het ’n mens ’n mediese fonds, beteken dit nie dat al die koste van jou diagnose volledig betaal gaan word nie. Dis belangrik om seker te maak of jou mediese fonds konsultasies met spesialiste en tegnologiese toetse soos MRI-skanderings, EKG-toetse en angiogramme dek.

Fase 2: Behandeling

Die volgende stap is behandeling, wat sal verskil afhangende van die soort siekte en die erns daarvan. Dit kan chirurgie, bestraling of chemoterapie insluit.

Fase 3: Herstel

Die herstelfase kan frustrerend en stresvol wees omdat jy dalk nog nie gesond genoeg is om terug te gaan werk toe nie, terwyl bykomende uitgawes soos verpleegsorg, rehabilitasie en ’n versorger vir die kinders ’n mens se maandelikse lewenskoste verder kan verhoog.

Fase 4: Diverse uitgawes

Sommige uitgawes kan ongelukkig nog lank na ’n mens se herstel voortsleep. Jy kan mediese skuld hê om af te betaal of moet bv. vir deurlopende berading gaan, korter ure werk of aanpassings aan jou huis maak.

Wat nou?

Greenlight Ernstige Siekte-dekking van Old Mutual betaal ’n belastingvrye enkelbedrag uit wanneer ’n mens met ’n ernstige siekte gediagnoseer word en gee jou volkome gemoedsrus wanneer dit tyd is om terug te baklei. – Koos Nel, Old Mutual

Vir meer inligting, praat met jou finansiële adviseur of makelaar, besoek die webtuiste www.oldmutual.co.za of stuur ’n e-pos aan Koos Nel van Old Mutual by knel1@oldmutual.com.

retirement

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY