Thursday, November 7, 2024
HomeAdvertorialsBerei voor en beskerm jou huis vóór die somerreënseisoen

Berei voor en beskerm jou huis vóór die somerreënseisoen

-

Estimated reading time: 4 minutes

Aangesien die Suid-Afrikaanse Weerdiens vanjaar bó-normale reënval en moontlike vloede gedurende laatlente voorspel, behoort elke huiseienaar algemene instandhouding te doen om voor te berei en hul eiendom teen water-, wind- en stormverwante eiendomskade beskerm.

Read it in English.

“Suid-Afrika se lente- en somerreënvalseisoen is om die draai, maar met die wonderlike reuk van reën tydens die eerste stortreën kom ook die moontlikheid van swaar reën en donderstorms,” sê Liza de Beer van Old Mutual Insure.

Jy kan die risiko van skade aan jou huis met die volgende eenvoudige stappe verminder:

Onderhou geute en hou dit skoon

  • Geute is jou huis se eerste verdedigingslinie teen swaar reën, want hulle vang reënwater op en lei die water weg van die dak en huis af.
  • Wanneer bome in die herfs hul blare afgooi, kan plant- en ander opdrifsels wat mettertyd in die geute ophoop, tot verstoppings lei. Dit beteken dat die geute nie meer die water doeltreffend kan kanaliseer nie.
  • Opdrifsels kan ook die herleiding van watervloei vanaf die dak na ’n behoorlike dreineringstelsel verhoed, en kan selfs die reënwater onder die dak en binne-in jou huis opstoot.
  • Oormatige blokkasies kan ook tot vinniger verwering van geute lei omdat die ekstra gewig kan veroorsaak dat dit breek of afval.
  • Onvoldoende dreinering vanaf die dak en fassieplanke kan ook houtvrot en ander dakverwante probleme veroorsaak.
  • Die leeftyd van geute word verkort as hulle nie in stand gehou word nie. Dit is een van die aspekte wat die meeste oor die hoof gesien word wanneer mense vir die reënseisoen voorberei.

Moenie van dreineringstelsels vergeet nie

  • Aangesien vuilheid en modder in die dreineringstelsels ophoop, behoort jy gereeld die dreineringstelsels na te gaan en skoon te maak om seker te maak daar is nie enige opdrifsels of obstruksies nie. Dit sal verstopping en die opdam van water en oorstromings voorkom.

Kyk vir enige daklekkasies

  • Onderhou en herstel die dak voordat dit só erg beskadig is, dat dit nie herstel kan word nie. ʼn Volledige dakvervanging kan duur wees.
  • Doen ’n eenvoudige inspeksie van die dak voor elke reënseisoen om seker te maak dat jy voorbereid is.
  • Maak seker dat jy vir los dakspane, lekkasies, of ontbrekende en gebreekte dakteëls kyk en herstel of vervang dit om waterskade aan jou mure, plafonne en meubels te voorkom.

Kyk vir binnenshuise lekkasies en enige plafonskade

  • Onthou om ook die binnekant van jou huis vir tekens van lekkasies, veral op plafonne, na te gaan.
  • Enige tekens van vog, waterlekkasies, muf, verkleuring en waterringe is aanduidings dat jy ’n lekkende dak het wat aandag nodig het.
  • Dit is belangrik om die oorsaak van die skade te bepaal en dit uit te sorteer. Só kan toekomstige skade voorkom of verminder word.

Hou bome naby jou huis dop

  • Bome kan tydens swaar reën en storms ernstige skade veroorsaak, maar goedversorgde bome en bosse is minder geneig om jou huis of voertuie te beskadig.
  • Voorkom en verminder skade deur seker te maak dat groot bome op jou eiendom wat bo jou huis uittroon of waar voertuie staan, ​​stewig is en dat daar geen los takke is wat maklik tydens ’n storm of swaar reën kan breek nie.

Berei voor vir wind

  • Gedurende die reënseisoen is water nie jou enigste bekommernis nie. Wind kan ook skade aanrig – nie net aan jou eiendom nie, maar ook aan jou bure se eiendom, byvoorbeeld met vallende bome of motorafdakke wat nie in stand gehou word nie.

Gaan elektrisiteitsverbindings na

  • Kontrakteer ’n gekwalifiseerde elektrisiën om al die elektriese stroombane en die bedrading op jou eiendom na te gaan en teen enige waterlekkasies te beveilig.
  • Weerligbeskerming is ook belangrik aangesien weerlig deur elektriese stelsels, lugdrade, satellietskottels en enige metaaldrade of -stawe in betonmure of -vloere kan beweeg. Die installering van die nodige voorkomende maatreëls sal jou gemoedsrus tydens ’n elektriese storm gee.
  • Installeer kragstuwingbeskermers om elektriese toestelle te beskerm.

Voorkoming is beter as genesing

“Indien jy die moontlike skade wat deur reën, wind en storms veroorsaak word voorsien en jou huis proaktief vir die reënseisoen voorberei, sal jy onvoorsiene skade sover moontlik voorkom en beperk. Jy kan ook verseker wees dat Old Mutual Insure die nodige dekking vir geldige weerverwante eise bied,” sluit Liza af.

Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en nie enige advies nie. Besoek ons webwerf by www.ominsure.co.za vir inligting oor ons landbouproduk-oplossings. Old Mutual Insure Beperk is ‘n gelisensieerde FDV en nie-lewensversekeraar.

Must Read

Quality silage production: Don’t drop the ball early on

Estimated reading time: 7 minutes According to Muck et al. (2020) forage preservation by way of ensiling has been practiced for at least 3 000...