retirement

Navorsing deur Old Mutual dui daarop dat 53% van Suid-Afrikaanse boere nie genoeg aftreekapitaal bymekaarmaak om finansieel onafhanklik af te tree nie, terwyl ’n verdere 13% geen aftreeplan het nie. Dit beteken dat die plaas die inkomende én uitgaande geslagte finansieel moet onderhou, wat baie druk op die boerdery-onderneming plaas.

Read this in English.

Statistiek toon boonop dat slegs 30% van familie-ondernemings suksesvol van die eerste na die tweede geslag oorgedra word. Koos Nel, hoof van Old Mutual Agrimark, sê: “Daar is ’n direkte verband tussen vroegtydige opvolgbeplanning en spaar vir aftrede. Familieboere doen dikwels nie hul opvolgbeplanning betyds nie, omdat hulle nie hul aftrede betyds beplan nie en gevolglik nie kan bekostig om af te tree nie.”

Beskikbare opsies

Nel sê boere kan uit verskeie opsies in die finansiële mark kies. ’n Uittree-annuïteit is die ideale manier van spaar vir mense wat hul eie ondernemings het, en wat nie aan ’n pensioen- of voorsorgfonds behoort nie.

Dit bied talle voordele, waaronder:

  • Die beleggingsgroei is belastingvry.
  • ’n Mens mag soveel as 27,5% van jou bruto vergoeding of belasbare inkomste (die hoogste een) aftrek as deel van jou totale bydraes aan ’n uittree-annuïteit.
  • Volgens die Pensioenfondswet, 1956 (Wet 24 van 1956) vorm pensioenbates (insluitende uittree-annuïteite) nie deel van ’n insolvente boedel nie. Dus is die volle bedrag teen krediteure beskerm indien jy insolvent raak.
  • Daar is geen boedelbelasting op ’n uittree-annuïteit nie en die voordeel word nie in die hande van begunstigdes belas nie.
  • ’n Mens het nie toegang tot jou uittree-annuïteit voor die ouderdom van 55 nie en ten minste twee-derdes daarvan moet gebruik word om ’n pensioeninkomste te koop.
  • Daar bestaan aantreklike belastingreëlings vir die derde wat jy in kontant mag neem, soos dat die eerste R500 000 belastingvry is.
Moenie ’n kans waag nie

Talle onbeheerbare veranderlikes, soos droogte, kan ’n negatiewe impak op boerdery hê en kan die betaling van premies vir lewensversekering en ander beleggings beïnvloed. Boere moet hul opsies versigtig oorweeg voordat hulle hierdie premies verlaag of kanselleer, aangesien sommige kliënte nie in staat sal wees om nuwe lewens- of ongeskiktheidsversekering te kry nie weens verswakte gesondheid of onbekostigbaarheid.

Vir meer inligting, kontak Koos Nel by 082 459 1407 of epos knel1@oldmutual.com. Besoek ook die webtuiste www.oldmutual.co.za.

 

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY