BKB
Die oud-Springbokafrigter Nick Mallett, Schalk de Villiers van RFID en André du Toit, BKB se hoofbestuurder van handel.

Nagenoeg 80 boere vanaf die Stutterheim-omgewing het ’n baie geslaagde boeredag, wat deur BKB gereël is, bygewoon. Die gure weer het niemand afgeskrik om na die welbekende voormalige Springbokafrigter, Nick Mallett, te kom luister nie. Sy boodskap het oor lewenslesse uit rugby gehandel.

Die nuutste tegnologie vir die identifikasie en monitoring van diere is deur Schalk de Villiers van RFID Experts in die Kaap bespreek. André du Toit, BKB se hoofbestuurder van handel, het ook ’n beurt gekry met ’n kort boodskap van dank vir die volgehoue ondersteuning wat vanuit dié gebied geniet word. – BKB

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY