Thursday, March 30, 2023

Bek-en-klouseer by twee grootskaalse voerkrale aangemeld

Estimated reading time: 2 minutes

Nog gevalle van bek-en-klouseer is onlangs by ’n voerkraal in Noordwes en een in die Vrystaat aangemeld. Volgens Gerhard Schutte van die Nasionale Dieregesondheidsforum, is hierdie die eerste aangemelde uitbrekings in grootskaalse voerkrale. Rolspelers in die bedryf sal op 8 Julie vergader om ’n beheerplan saam te stel, wat daarna aan die direkteur-generaal voorgelê sal word.

Schutte meen die ontwikkeling van entstowwe in Suid-Afrika moet nou voorkeur kry, aangesien entstof vir bek-en-klouseer tans vanaf Botswana verkry moet word. Hy meen dit is ook baie belangrik dat die toetse vir dié siekte vinniger geskied.

Daar moet, sodra daar ’n uitbreking aangemeld word in ’n spesifieke provinsie, ’n gesamentlike operasiesentrum wees. “Dit geskied saam met die provinsiale dieregesondheidsforum en dit sal baie vinnig van die grond af moet kom.”

Lees meer oor die stand van sake met bek-en-klouseer hier.

Bek-en-klouseer se houvas op uitvoere

Volgens Schutte voer ons tans rooivleis na ongeveer 26 lande uit. “China sal in die kort termyn nie ons vleis invoer nie.” Die doelwit is om uitvoere met inentings te kan dryf, wat reeds in lande soos Brasilië suksesvol gehandhaaf word. “Die fokus is om ons handelsvennote te oortuig dat ons hierdie situasie onder beheer het en ons sal dit bloot net moet regkry,” meen hy.

“As ons kyk na die verwysing van die rooivleisbedryf in die meesterplan, is dit duidelik dat die bedryf se uitvoere van 5% van ons plaaslike produksie na 20% kan groei. Ons kan ook R12 miljard tot landbou se bruto nasionale produk bydra.

“Ons weet nie tans presies hoe hy versprei nie. Ons moet baie versigtig wees en bewegingsbeheer toepas, beweging moet tot ’n minimum beperk word, en boere sal drie keer moet dink voordat hul nuwe diere op hulle plase aanvaar.”

Schutte meen daar word ongelukkig gereeld berigte op sosiale media gesien wat onwaar is. “Hierdie is nie die einde van die pad in terme van ons bedrywe nie. Hierdie is ’n ratverwisseling. Daar is lande wat met hierdie probleem saamleef en ons sal dit ook kan doen.” – Saamgestel deur Elmarie Helberg, Plaas Media

Speen van kalwers en dragtigheidsondersoeke as deel van ’n produksieplan

Estimated reading time: 0 minutes Die Suid-Afrikaanse beesbedryf het 'n behoefte aan 'n nasionake...

The Land Bank: Challenges and prospects

Estimated reading time: 7 minutes The Land Bank has been struggling to fulfil its...

Grondeise: Die pligte van kopers en verkopers van plase

Estimated reading time: 5 minutes Onafgehandelde grondeise begin toenemend 'n faktor raak by die...

Die veranderende Suid-Afrikaanse volstruisbedryf

Estimated reading time: 7 minutes Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf is die wêreldleier in terme van...