
Estimated reading time: 5 minutes
Altesaam agt telers het vanjaar met sowat 220 diere aan die Wes-Kaapse Dorperklubkampioenskap op Clanwilliam deelgeneem. Dr Corrie Avenant van ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston, het die meeste punte in die Dorper-afdeling behaal. Pieter Stofberg van Pieter Stofberg Wit Dorpers, Laingsburg, het die meeste punte in die Wit Dorper-afdeling behaal.
Die senior- en grootkampioenram behoort aan dr Corrie Avenant, ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston. Willem Kaptein hou die ram vas. Die senior- en grootkampioenram behoort aan dr Corrie Avenant (links), ATKA Dorpers, Williston. Thys Swart hou die ram vas.
Die agt telers wat aan die klubkampioenskap deelgeneem het, is die volgende:
- Dr Corrie Avenant van ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston.
- Pieter Stofberg, Pieter Stofberg Wit Dorpers, Laingsburg.
- Matie le Roux, J.G. le Roux Dorpers, Wellington.
- Pikkie Rossouw, Springduin Dorpers en Wit Dorpers, Lutzville.
- Jean Aggenbach, Cihara Dorpers, Koekenaap.
- Ryan Engelbrecht, Amber Dorpers, Graafwater.
- Tiaan Barkhuizen, Loersand Dorpers, Garies.
- Augsburg Landbougimnasium se Skoliere Dorperstoetery, Clanwilliam.
Die reserwe seniorkampioenooi is deur Pieter Stofberg Wit Dorpers van Laingsburg vertoon. By die ooi is Pieter Stofberg en Rico Staalmeester. Die senior en grootkampioenooi is deur dr Corrie Avenant (links), ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston, ingeskryf. Jackie Scheepers hou die ooi vas. Die reserwe seniorkampioenram is deur Pieter Stofberg Wit Dorpers van Laingsburg vertoon. By die ram is Pieter Stofberg en Rico Staalmeester. Die junior (voor) en reserwe juniorkampioenram is deur Pieter Stofberg Wit Dorpers van Laingsburg vertoon. Die juniorkampioenram is ook as die reserwe grootkampioenram aangewys. Van links is Pieter Stofberg, Franco Mostert, Trompie Cilliers en Rico Staalmeester.
Tabel 1: Die volledige uitslae van die Wit Dorpers tydens die Wes-Kaapse Dorperklubkampioenskap.

Die juniorkampioenram (voor) en die reserwe juniorkampioenram is deur dr Corrie Avenant (middel), ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston, ingeskryf. Die hanteerders is Willem Kaptein (links) en Jackie Scheepers. Die senior- en grootkampioenooi (voor) en die reserwe senior- en reserwe grootkampioenooi behoort aan dr Corrie Avenant, ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston. Saam met dr Avenant (middel) is Willem Kaptein (links) en Jackie Scheepers. Die juniorkampioenooi (voor) en die reserwe-juniorkampioenooi is die eiendom van dr Corrie Avenant, ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston. Van links is Willem Kaptein, dr Avenant en Jackie Scheepers. Die junior en reserwe grootkampioenooi (voor) behoort aan dr Corrie Avenant (tweede van regs), ATKA Dorpers en Wit Dorpers, Williston. Petrus Minnies hou die ooi vas. Die reserwe juniorkampioenooi (agter) is die eiendom van Pieter Stofberg Wit Dorpers van Laingsburg. By die ooi is Pieter Stofberg (links) saam met Franco Mostert.
Tabel 2: Die volledige uitslae van die Dorpers tydens die Wes-Kaapse Dorperklubkampioenskap.


Vir meer inligting kontak Paul Smit, voorsitter van die Wes-Kaaplandse Dorperklub, by 083 305 3732 of paul@rooibostee.co.za. – Hugo Lochner, AgriOrbit
Vir uitslae van die Wes-Kaapse Boerbokklub-kampioenskap 2021 klik hier.