Saturday, April 1, 2023

Akademia onderteken waardevolle ooreenkoms met Hongare

Estimated reading time: 3 minutes

Akademia, die Afrikaanse privaat hoëronderwysinstelling in Centurion, hoop om binne die volgende paar jaar ‘n nuwe landbougraad bekend te stel.

In die aanloop tot hierdie stap het die tersiêre instelling, wat deel van die Solidariteit-beweging is, onlangs ‘n samewerkingsooreenkoms met die Hongaarse Universiteit vir Landbou- en Lewenswetenskappe (afgekort as MATE) gesluit.

“Beide tersiêre instansies is relatief jonk, maar deel diep kulturele ankers,” het prof Hannes Rautenbach, dekaan van die Departement Natuurwetenskappe by Akademia, tydens die opening van die geleentheid gesê. “Afrikaanse moedertaalonderrig is vir Akademia ’n prioriteit, terwyl die Hongaarse kulturele erfenis vir MATE ‘n voorrangsaak is.”

Lees meer oor hoe Suid-Afrikaanse boere woeker in die VAE hier.

Rautenbach het bygevoeg dat hierdie die eerste samewerkingsooreenkoms is wat Akademia met ‘n instansie buite Suid-Afrika sluit.

MATE is een van die grootste hoëronderwysinstellings vir landbou in Europa. Die instansie is gebore uit die samesmelting van vyf universiteite, waaronder die Szent István Universiteit, wat in 1786 gestig is.

Wedersydse voordeel

“Landbou is die groot gelykmaker,” sê dr David Bencsik, hoof van die Direktoraat van Internasionale Sake en Buitelandse Verhoudinge by MATE.

Volgens Bencsik is dit vir die Hongare belangrik dat beide MATE en Akademia ewe veel voordeel uit hierdie samewerkingsooreenkoms trek. “Hongarye glo in wedersydse voordeel. Dis hoe ons besigheid doen. Dit moet ‘n wen-wen vir albei partye wees.”

Hy sê waterskaarste het skielik oor die afgelope jaar ‘n belangrike kwessie in dié Europese land geword. “Ons land se grond- en waterkunde is van die beste ter wêreld, maar ons het nou besef dat ons tradisionele bewerkingsmetodes moontlik aangepas moet word. Hopelik kan Suid-Afrikaners ons hiermee help en terselfdertyd glo ek ook dat ons Suid-Afrikaners kan help om hul boerderypraktyke verder te verbeter.

Vereistes vir samewerking

Die samewerkingsooreenkoms is vir vyf jaar geldig en sal hoofsaaklik op samewerking tussen die betrokke landbou- en lewenswetenskappe instellings deur middel van akademiese samewerking in navorsing, onderrig en fakulteitsontwikkeling fokus.

Die samewerkingsooreenkoms sluit uitruilgeleenthede vir studente en professors, navorsers en administrateurs van beide instansies in. Verder sal Akademia en MATE ook inligting en publikasies met betrekking tot onderrig en navorsing uitruil, en samewerkende onderrig en navorsingsgeleenthede implementeer.

Groot grondplanne in die pyplyn

Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond, Solidariteit, het na afloop van die ooreenkoms se ondertekening bevestig dat hulle reeds met ’n onderhandelingsproses besig is om grond in die ooste van Pretoria te bekom. Hy hoop dat dié grond in die toekoms die permanente adres van ‘n volwaardige Akademia-kampus sal word.

“Die plan is dat die kampus ook ‘n landbou-afdeling sal huisves,” het Hermann gesê.

Hoewel die besonderhede steeds onder bespreking is, is Hermann positief dat Akademia oor ‘n paar jaar ‘n BSc Landbougraad sal bekendstel. “Ons is reeds in gesprek met bekende landboukundiges oor die ontwikkeling van so ‘n graad.” – Susan Marais, AgriOrbit

Must read

Service plans are a sound investment

Estimated reading time: 4 minutes “You remember the Boy Scout guy is coming at two?” asked Mbali as I ended another fruitless call to find bluetongue vaccine. “You mean the boy who is scouting you...

Kom kyk na Kubota se nuwe masjiene by Nampo 2023

Estimated reading time: 4 minutes Smith Power Equipment en Kubota stel hierdie jaar tydens Nampo-oesdag van 16 tot 19 Mei 2023, twee opwindende nuwe produkte ten toon. As jy in die mark is vir...

Geheime vir groter sojaboon- en mielie-opbrengs by sojadag gedeel

Estimated reading time: 5 minutes Die kombinasie van die natuur, wetenskaplike ontledings en ‘n behoorlike kennis oor sojabone en mielies se behoeftes, is baie belangriker as om blindelings net nóg insette toe te dien....

#flashbackfriday Plaas TV 28 – 31 March

Estimated reading time: 2 minutes This week Plaas TV brought viewers more interesting content, and this is #flashbackfriday. Below is a recap of the week’s episodes:  A fourth generation phytase was recently launched in South...

Topgehalte karkasse bevoordeel die vleisbedryf

Estimated reading time: 3 minutes Die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (SAFJA) spits hom vir twee dekades al daarop toe om, in samewerking met verskeie betrokkenes, die plaaslike beesbedryf te bevorder. Malcolm Moodie, voorsitter van SAFJA, sê...