Tuesday, March 28, 2023

Agri Noord-Kaap-kongres: Die landbousektor bied oplossings

Estimated reading time: 6 minutes

Die tema van Agri Noord-Kaap se 43ste kongres, ‘Oorkom ekonomiese en politiese uitdagings deur op die positiewe te fokus’ is beskrywend van Noord-Kaapse produsente wat altyd die positiewe raaksien en uitdagings met durf trotseer.

Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het in sy presidentsrede gesê dat Agri Noord-Kaap baie meer as net boerderybelange op die hart dra. Landbou is die grootste werkskepper in die provinsie en daarom is ekonomiese groei en instandhouding van provinsiale infrastruktuur ook vir dié organisasie belangrik.

Lees meer oor Agri Securitas hier.

Noord-Kaap landbou skep werk

Hy het gesê die landbou slaag daarin om, met min hulp van die regering, werksgeleenthede te skep en ’n groot bydrae tot die provinsiale bruto binnelandse produk te lewer.

Lees meer oor Agri Oos-Kaap se onlangse kongres hier.

Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het ook die kongres toegespreek en Jansen se woorde beaam. Hy het produsente geloof vir die werk wat hulle in die provinsie doen. Hy het gesê dat die Noord-Kaap die laagste werkloosheidsyfer het, en uit drie van die laaste vier kwartale was daar selfs ’n toename in werksgeleenthede. Die landbou is die sektor wat die meeste tot hierdie toename bygedra het.

Hy het produsente verder aangemoedig om die moontlikhede na sekondêre besighede te ondersoek en meer betrokke te raak by die res van die waardeketting van hul produkte.

Lees meer oor hierdie Ile-de-France rekordprys hier.

Uitdagings in die provinsie

Met 22 000km se grondpaaie in die provinsie wat aandag moet kry, meen Jansen dat padinfrastruktuur in die Noord-Kaap een van hul grootste struikelblokke is. Hy het ’n beroep op die premier gedoen om dringende aandag hieraan te gee, omdat dit die vooruitgang van landbou belemmer.

Hy het hom ook oor die minimumloon uitgespreek en gesê die nasionale regering moet ag slaan op Agri SA se voorstelle aangaande die minimumloon. Die fokus moet op produktiewe, ekonomies-bydraende werkskepping wees, om só die las vir die ekonomie te verlig.

Lees meer oor die landbou-ontwikkelingsprojek in KwaZulu-Natal hier.

Jansen het ook sy kommer oor landboufinansiering uitgespreek en gesê hoewel landbou die grootste werksverskaffer in die provinsie is, daar geen pasmaak landboufinansiering beskikbaar is nie. Agri Noord-Kaap en Agri SA sal voortgaan om met Landbank te onderhandel oor die omvang van slegte skuld in die landbousektor, die korrekte hantering daarvan, en alternatiewe om likwidasie en sekwestrasie tot ’n minimum te beperk.

Hy het produsente bedank vir hul toewyding en hulle aangemoedig om by georganiseerde landbou betrokke te raak, sodat daar saam aan oplossings vir die uitdagings gewerk kan word. “Hou aan om ekonomiese uitdagings vindingryk aan te pak, en om kos en vesel te produseer. Dit is ’n edele beroep en ’n leefwyse om op trots te wees,” het hy afgesluit. – Koos du Pisanie, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak Agri Noord-Kaap by 053 832 9595 of besoek www.agrink.co.za.

The Land Bank: Challenges and prospects

Estimated reading time: 7 minutes The Land Bank has been struggling to fulfil its...

Grondeise: Die pligte van kopers en verkopers van plase

Estimated reading time: 5 minutes Onafgehandelde grondeise begin toenemend 'n faktor raak by die...

Die veranderende Suid-Afrikaanse volstruisbedryf

Estimated reading time: 7 minutes Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf is die wêreldleier in terme van...

Slaggate vir doeltreffende werking van onkruiddoders

Estimated reading time: 6 minutes Onkruiddoders behoort nie die enigste of laaste uitweg vir...