Friday, December 13, 2024

RSG Landbou: 28 Maart 2024 – geborg deur Plaas Media

Die verbouing van industriële hennep in Suid-Afrika is nog in sy kinderskoene. Die inkomste per hektaar, rol by grondgesondheid en ‘n ideale wisselbougewas, is maar van die voordele. Dr André Malan van CO2 Evolve gesels met ons hieroor.

Temperature het in sekere gebiede begin daal en soos Johan van den Berg verlede week voorspel het, is die somerreën nie verby nie. Ons hoor wat hy hierdie week te sê het.

Dan is Chris Derksen ook terug met die week se vleispryse.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories