2023 Landbouwerker van die Jaar aangewys

Estimated reading time: 2 minutes

Vivian Jakobs, produksiebestuurder van die Du Toit Groep se Crispy Farming van Witzenberg (Ceres), is vanjaar tydens die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Prestige Agri-toekennings as die 2023 Wes-Kaapse Prestige Landbouwerker van die Jaar aangewys.

Die toekenning is tydens ’n gala-aand by die Protea Hotel Marriot, Techno Park in Stellenbosch gemaak.

Jakobs het gesê dit beteken vir hom baie om die kompetisie te wen. “Die erkenning en waardering is vir ons as plaaswerkers baie belangrik. Dit gee blootstelling aan my en die ander plaaswerkers. Ons moet verstaan die plaaswerker is iemand wat soggens vroeg tot saans laat deur koud, deur nat, deur droog, in moeilike omstandighede werk toe gaan. Hulle weet hulle moet brood op die tafel sit, of dit nou vir sy gesin of vir die wêreld is.”


Kyk hier na ‘n onderhoud met Vivian Jakobs, die 2023 Wes-Kaapse Prestige Landbouwerker van die Jaar.


Lees meer oor die toekennings.

Jakobs bestuur tans sowat 68ha appels en pere. Dit sluit alles in, van die basiese produksiebesluite (snoei, oes, bemesting, besproeiing) tot mensebestuur. Hy bestuur 76 permanente werkers wat in oestyd tot 220 werkers kan toeneem.

Die kompetisie was vir Jakobs ’n onvergeetlike ervaring. “Aan al die produsente, landbouwerkers en verteenwoordigers van die verskillende streke, ons is een. Ons hoofdoel is om te verseker dat die man op straat die beste produkte op hul tafel kry. Ons moet verseker dat daar vandag, môre en die dae daarna kos is. Ons moet al ons energie gebruik om dit te verseker,” het Jakobs gesê.

Die pryse wat Jakobs gewen het, sluit in ’n oorsese studiereis ter waarde van R80 000, prysgeld van R25 000 van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, ’n geskenkbewys van R12 000 van Shoprite, ‘n geskenkbewys van R10 000 van Daleen Turner Consultancy en ’n geskenkbewys van R500 van Woolworths. Jakobs is ook nou lid van die Prestige Landbouwerkersforum in die Wes-Kaap.

Kompetisie gee erkenning aan werkers

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se jaarlikse Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings word in samewerking met Shoprite, as die hoofborg, gedoen en het ten doel om erkenning te gee aan die waardevolle bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in die Wes-Kaap lewer.

Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het tydens die prysuitdeling gesê die toekennings bied ’n geleentheid om die landbouwerkers, wat tydens die Covid-19-pandemie as “noodsaaklike werkers” geklassifiseer is, te vereer en sodoende hul belangrikheid en betekenis in die landbousektor en sy groei te beklemtoon.

Die landbouwerkers ding in 15 verskillende streke in 11 kategorieë teen mekaar mee. Altesaam 1 067 werkers het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem. – Hugo Lochner, Plaas Media

Must read

Landbou in Noordwes verloor ‘n staatmaker

Estimated reading time: 3 minutes Landbou in Noordwes het onlangs een van sy groot geeste, wat diep spore in die bedryf getrap het, aan die dood afgestaan. Leon Bellingan, bestuurder van Agri Vryburg en...

Veesiektes aangemeld gedurende lente 2023

Estimated reading time: 7 minutes Die volgende veeartspraktyke en laboratoriums (132) het gedurende die lentetydperk van September tot Oktober 2023 veesiektes aangemeld. Mpumalanga (13) Bethal – Dr Hardus Pieters Ermelo – Dr Ben Potgieter Grootvlei – Dr Neels...

Van aartappelsiektes tot suiwel – Plaas TV bespreek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Sponsored by Stockfarm (Plaas Media), the 2023 ARC’s National...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 48

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. https://agriorbit.com/rooivleispryse-red-meat-prices-2/ Important notes Domestic pork carcass prices are weighted averaged abattoir purchase prices per category...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy het die afgelope week met Lise Roberts oor die nuutste weersake op RSG Landbou gesels....