kuilvoerkoning
Die 2017 Santam Landbou kuilvoerkoning is Westend Landgoed. Van links is Richardt Venter, mede-koördineerder van die kompetisie, Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, die hoofborg van die kompetisie, en Hano en Imke Lombard van Westend Landgoed.

Een van die hoogtepunte tydens die spoggerige ALFA 2017 dinee was die bekendmaking van die 2017 Santam Landbou kuilvoerkoning. Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie word jaarliks deur Veeplaas en Stockfarm aangebied. Die doel van die kompetisie is om by te dra tot die bevordering van goeie kuilvoerpraktyke.

“As ons die nasionale beraamde kuilvoerproduksie (nat) van ongeveer 9 miljoen ton gebruik en die prys per ton R500 maak, sal ‘n skamele 3% verbetering in kuilvoerproduksiemetodes ‘n besparing van R135 000 000 beteken. Dit is hoekom dié kompetisie so belangrik is,” het Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, die kompetisie se hoofborg, net voor die oorhandiging gesê.

Deelnemers ding in drie kategorieë mee om die titel van kuilvoerkoning, naamlik mieliekuilvoer, sorghumkuilvoer en hawerkuilvoer. Die wenner in die mielie-kategorie was Westend Landgoed, terwyl die sorghum kategoriewenner Sparta Baby Beef van Marquard is. Die hawerkategorie is deur Danie Louw van Klipheuwel in die Wes-Kaap gewen. Westend Landgoed, wat ingeskryf is deur Vitam International, is uiteindelik ook as algehele wenner en die 2017 Santam Landbou kuilvoerkoning aangewys. – Marike Brits, Veeplaas

Jeug @ ALFA 2017

Interraskampioenskappe @ ALFA 2017

Elite Dormerveiling by Alfa ‘n reuse sukses

SAVM-jongramme behaal goeie pryse op ALFA 2017

MILS baie gewild by ALFA 2017

Top pig genetics come under the hammer at #ALFA2017

Animal breeding under discussion at ALFA 2017

Top Toyota SA #youngauctioneers gekroon by #ALFA2017

Die rooivleis-waardeketting @ ALFA 2017

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY