Die wolmark het by die mees onlangse veiling hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,6% en 259 punte gestyg om op R164,31/kg (skoon) te sluit. Op die Australiese mark het die aanwyser met 1,4% gestyg.

Veral fynwol het goeie pryse behaal, terwyl die sterker wol effens teruggesak het. Daar was goeie mededinging vir die beter gehalte lang wol. Standard Wool het Modiano net-net geklop met die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was:

  • 18,0 mikron neem toe met 3,9% en sluit teen R208,95/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 2,3% en sluit teen R201,72/kg.
  • 19 mikron styg met 1,2% en sluit teen R187,03/kg.
  • 19,5 mikron neem toe met 0,8% en sluit teen R171,39/kg.
  • 20 mikron verhoog met 1,4% tot R159,04/kg.
  • 20,5 mikron is 1,3% sterker en sluit op R149,76/kg.
  • 21,0 mikron neem toe met 1,1% en sluit op R147,40/kg.
  • 21,5 mikron is 0,2% op en sluit op R143,58/kg
  • 22 mikron is 0,1% op en sluit op R141,66/kg
  • 22,5 mikron is 0,8% hoër en sluit op R144,13/kg.

Die volgende veiling sal op 22 Maart plaasvind en 5 064 bale sal aangebied word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY

six + 14 =