Veeplaas stoetveeprojek bekendgestel

0
1599

Dit is vir Veeplaas ’n groot eer om bekend te maak dat die Veeplaas-stoetveeprojek amptelik bekendgestel is. Hoërskool Bekker is die eerste skool in die projek en sal die Veeplaas Afrikanerstoet vir die duur van die projek huisves.

Die projek skep ’n geleentheid vir Hoërskool Bekker om met die voltooiing van die projek ’n gevestigde Afrikanerstoet te hê. Dit skep ook die geleentheid vir leerders van Hoërskool Bekker om eerstehandse ondervinding oor die Afrikanerras op te doen, te leer oor die vereistes van akkurate rekordhouding en prestasietoetsing vir ’n stoet, en hoe om die resultate te interpreteer.

Veeplaas gaan oor die volgende paar maande nog stoete, ook van ander rasse, by ander landbouskole vestig. Hou Veeplaas dop vir meer nuus oor die vordering van die projek. – WA Lombard

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY