Die Elite stoettelers van die jaar in die onderskeie kategorië saam met die borge is agter van links Leon Vos, Vleissentraal, Russel Clark, AJ Schoonwinkel, Willem Naudé en Pierre van Rooyeb, Sa Stamboek. Voor is Kobus Hendriks, Tina de Jager en Gawie Naudé

Die Standard Bank SA Stamboek Elite-prysuitdelingsdinee is jaarliks een van die hoogtepunte van die Bloemskou-week. Vanjaar se geleentheid is op 3 Mei by Leopards en Lace in Bloemfontein gehou. Tydens dié geleentheid is toppresteerders binne die veebedryf met verskeie toekennings vereer.

Een van die hoogtepunte van die aand is die aankondiging van die Vleissentraal SA Stamboek se Stoetteler van die Jaar-toekennings.

Streek- en nasionale wenners word aangewys op grond van punte wat ’n onafhanklike paneel kundiges ná plaasbesoeke toegeken het. Die volgende telers en kuddes het in die onderskeie kategorieë toekennings ontvang:

 

Altesaam vyf bulle is vanjaar met Veeplaas SA Stamboek Elite 2015 platinumbul-toekennings vereer.

Nog ’n hoogtepunt van die aand is die aankondiging van die Unistel SA Stamboek ontwikkelende stoetteler van die jaar en die Farmer’s Weekly SA Stamboek Elite 2015 mentor-teler van die jaar.

Die Unistel SA Stamboek ontwikkelende stoetteler van die jaar-toekenning word gemaak aan ’n ontwikkelende stoetteler wat werklik gegroei en ontwikkel het tot ’n volwaardige stoetteler. Gaarekure Kleinjan Gasekoma van die Gasekoma Braunvieh-stoet het die toekenning vanjaar ontvang.
Die Unistel SA Stamboek ontwikkelende stoetteler van die jaar-toekenning word gemaak aan ’n ontwikkelende stoetteler wat werklik gegroei en ontwikkel het tot ’n volwaardige stoetteler. Gaarekure Kleinjan Gasekoma van die Gasekoma Braunvieh-stoet het die toekenning vanjaar ontvang.

 Die Farmer’s Weekly SA Stamboek Elite 2015 mentor-teler van die jaar-toekenning gaan aan ’n bestaande stoetteler wat ’n betekenisvolle bydrae tot die opheffing van ’n boer of boere in die ontwikkelende sektor lewer. Die toekenning is vanjaar deur Nico Harris van die Nguni Vriendschap-boerdery ontvang.

Die Farmer’s Weekly SA Stamboek Elite 2015 mentor-teler van die jaar-toekenning gaan aan ’n bestaande stoetteler wat ’n betekenisvolle bydrae tot die opheffing van ’n boer of boere in die ontwikkelende sektor lewer. Die toekenning is vanjaar deur Nico Harris van die Nguni Vriendschap-boerdery ontvang.

Die volgende Landbouweekblad SA Stamboek Elite 2016 platinumkoei-toekennings is gemaak:

• Angus: Geluksbron Angus-stoet – dr Jan de Wet
• Afrikaner: Grootkuil Afrikaner-stoet – Pierre-André Cronjé
• Ankole: Rensbou Ankole-stoet – Dail van Rensburg
• Romagnola: Rensbou Ramagnola-stoet – Dail van Rensburg
• Beefmaster: Nootverwag-stoetery – Kerneels Jansen van Rensburg
• Bonsmara: FUZ Bonsmaras – Neels de Villiers
• Bonsmara Namibië: Hartebeestloop-stoet – dr Joggie Briedenhann
• Charolais: Rosnec Charolais-stoet – Andrew Schaefer
• Drakensberger: Rouvus Drakensbergers – Gawie Roux
• Hereford: Wilkloof-boerdery BK – Willie Groenewald
• Nguni: Magaramombe Nguni-stoet – Auvinus Martens
• South Devon: Winston South Devon-stoet – John Miller
• Sussex: Faurzyl Sussex-stoet – Theo van Zyl (Snr)
• Tuli: Nonnie-stoetery – Cornelis Rautenbach

DSC_3781
Die ontvangers van Landbouweekblad SA Stamboek Elite 2016 platinumkoei-toekennings saam met Chris Burgess, redakteur van Landbouweeblad.

 

 

 

 

 

 

Vir die Vleissentraal SA Stamboek Elite 2016 bulgroeitoetsklas word bulle volgens streng prestasiekriteria gekies. Die topbul word dan op die Bloemskou deur interras-beoordelaars beoordeel.

DSC_2450• Angus (rooi): Lusan Premium Angus – Rudi Buys
• Angus (swart): Fredericksburg-landgoed – Bob Hobson
• Braunvieh: Eduan-boerdery – Gawie en Willem Naudé
• Dexter: JJ Daffue & Seun – Johan en Pieter Daffue
• Drakensberger: GW Roux – Gawie en Frik Roux
• Pinzgauer: Bertie van Zyl (Edms) Bpk – Paul Bester
• Pinz²yl: Bertie van Zyl (Edms) Bpk – Paul Bester
• Romagnola: Rosengarten Farms – Armando Balocco
• Santa Gertrudis: F Rautenbach – Freddie Rautenbach
• Simmentaler: Tendele Farms-trust – Willem Botha
• Sussex: CB Cillié – Regter C Cillié

’n Pinzgauer-bul van die Bertie van Zyl-stoet, vertoon deur Paul Bester, is vanjaar as die top Elite-bul gekroon. - Persverklaring

’n Pinzgauer-bul van die Bertie van Zyl-stoet, vertoon deur Paul Bester, is vanjaar as die top Elite-bul gekroon. – Persverklaring

Spesiale foto-erkenning aan Dries Myburgh.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY