Die mate waartoe ’n bedryf gereguleer of nie gereguleer word, bepaal dikwels die vlak van deelname van sy produsente en kan suksesse maak of breek. In die Maart-uitgawe van Veeplaas kyk WA Lombard na die huidige stand van regulering in die landboubedryf, spesifiek in die veebedryf.

Sien ook uit na artikels oor:

  • Die belastingsjaar vs finansiële jaar
  • Zimbabwe herbou sy beeskudde
  • ‘n Plaasbesoek aan Dirk en Dawid Louw van Namibië
  • Die korrekte hantering van Angoralammers
  • Die waarde van melkaantekening
  • Buffels as die ruggraat van wildboerdery
  • Riglyne vir die voeding van wild
  • Die stand van weidings na die droogte
  • Weidingsherstel
  • Lekaanvulling van ‘n veldkudde
  • Die geldigheid van die GVE-beginsel
  • Die regte besluite by die sny van kuilvoer
  • Die potensiaal van biotegnologie in optimale veeproduksie
  • Inenting teen knopvelsiekte
  • Lewerslak en maagslak
  • Die veearts se rol by die moderne melkery
  • Die ekonomie van intensiewe skaapproduksie
  • Veranderings in die inkomstebelastingwet
  • Die bemeestering van kontantvloei
  • Voorkoming van onregmatige grond-okkupasie

Onthou! Die eerste uitgawe van Dié Rooi Ras is ingesluit in hierdie uitgawe van Veeplaas. Lees hier wat jy in dié uitgawe te wagte kan wees.

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY